Tieners en dwelms

Wanneer jou tienerkind dwelms gebruik

Ouerskap op die proef gestel

Elke ouer wat ontdek het dat sy/haar tienerkind dwelms gebruik weet wat dit verg om onder moeilike omstandighede ‘n positiewe gesindheid te handhaaf.

In sulke omstandighede is dit van die uiterste belang om nie uit te hak nie. ‘n Kritiese gesindheid en benadering sal net die situasie vererger. Dit is nie tye wanneer dit wat ander mense van jou en jou gesin mag dink jou optrede mag bepaal nie; nou moet jy kophou en vergeet van die verleentheid wat jou kan oorkom.

Tye om saam te staan

Sulke tye verg dat die gesin moet saamstaan en opnuut deur woord en daad moet verklaar dat hulle mekaar deur dik en dun sal ondersteun. Miskien is dit tyd vir jou om selfondersoek te doen oor waar jy as ouer tekort geskiet het en om te besluit wat jy kan en gaan doen om dinge reg te ruk. Jy blameer nie jou lewensmaat nie, jy ondersteun hom/haar en julle staan mekaar onvoorwaardelik by. Julle kyk die reus van verslawing in die oë en beveg dit so saam-saam.

Ongeag wat gebeur sal jy daar wees vir jou seun/dogter. Jy sal alles wat jy kan uitvind oor hoe om hierdie monster te beveg en te oorwin. Wat jy ookal nodig vind om in jou ouerskapstyl te verander sal jy doen. Jy maak meer tyd vir jou kinders. Jy maak finansiële en sosiale opofferings. Hierdie is inderdaad die grootste geveg van jou lewe. Jy veg vir jou kind. Jy sal alles doen wat nodig is om jou gesin deur die krisis te dra.

Nou is dit die tyd om die wenner te wees wat jy gebore is om te wees!

Glo in jouself al werk dinge nie altyd uit nie want jy was van die begin af ‘n wenner:

http://www.bemotivatedtoday.com/content.asp?pageId=213&refcode=9441

Bevestigings:

Ek kies omte midde van enige krisis ‘n positiewe gesindheid te handhaaf
Ek is die wenner wat ek gebore is om te wees
Ek is bereid om te erken dat ek nie volmaak is nie

Wees alles wat jy kan wees

You may also like...