Varkgriep: Gogga maak vir baba bang?

Varkgriep: Is die Wêreld vir Goeie Rede op Hol?

Wêreldmarkte tuimel, varke word op groot skaal doodgemaak, regerings plaas hawepersoneel op bystand om te waak teen ingevoerde virusse, die reisbedryf se winste verdwyn en die medisynemarkte juig…

Mense bly tuis of dra gesigmaskers as hulle dit in die openbaar moet waag, en almal wag skynbaar vir iemand om iets te doen om die Groot Gevaar af te weer.

Die vraag is of hierdie virus werklik so ‘n groot gevaar is as wat die media voorgee.

Varkgriep in Perspektief

Die 2009 griepuitbraak by mense, algemeen bekend as “varkgriep” het skynbaar gladnie sy oorsprong by ‘n swyngriepvirus nie. In werklikheid is dit ‘n nuwe griepstam van die A virus subtipe H1N1 afkomstig van ‘n menslike griepvirusstam, ‘n voëlgriepstam en twee verskillende swyngriepvirusse. Volgens die Wêreldorganisasie vir Dieregesondheid is hierdie nuwe stam nie in varke geïsoleer nie. Dit is egter wel ‘n mutasie wat nog nie geïdentifiseer is nie en wat vryelik tussen mense oorgedra word.

Volgens ingeligte bronne veroorsaak die stam in die meerderheid van gevalle slegs ligte simptome en geinfekteerde persone herstel volledig sonder mediese aandag en sonder die nodigheid vir antivirale medikasie.

Die varke, varkboere, reisbedryf en markte ontgeld dit dus oënskynlik sonder grondige redes. Die medisynebedryf kla egter nie. Om die waarheid te sê, hulle suggereer dat mense sekere antivirale middels behoort te gebruik.

Wat hulle egter nie sê nie is dat niemand weet of die middels enigsins sal help teen die nuwe varkgriep nie.

Boonop gaan Jan Alleman nie presies weet wanneer om die middel te begin neem nie. Baie infeksies lyk en voel soos griep, sê die pediater en immunoloog dr. Anne Moscona van die Weill Cornell Mediese Kollege in New York. Virusse en bakterieë kan weerstand teen medikasie ontwikkel.

Sy sê: “As jy Tamiflu by die huis het en jy gebruik dit vir verkoue of enige ander respiratoriese virus wat nie griep is nie, sal jy dit nie kan gebruik wanneer jy ’n dodelik griepstam opdoen nie”

Beskerm jouself só

Is jy bekommerd oor die varkgriep? Volgens kenners is een maklike manier om jouself teen infeksie te beskerm, om eenvoudig jou hande gereeld te was.

Alhoewel daar nie veel is wat gedoen kan word om die verspreiding van griep te bekamp nie, kan jy jouself met gesonde verstand beskerm. Die belangrikste is, hou jou hande skoon. Dit is ook ’n baie doeltreffende manier om ander siektes te verhoed, insluitend gewone griep en ander infeksies.

Griep versprei deur hoes en nies, maar daar is al hoe meer bewyse dat klein deeltjies van virusse op tafels, telefone, kontantgeld, handrelings en ander oppervlaktes kan oorbly en van die vingers na die mond, neus of oë oorgedra word. Hou jou mond toe wanneer jy hoes of nies en was jou hande gereeld.

Gel met ’n alkohol-basis of ontsmettingsmiddels vir hande werk goed om virusse en bakterieë uit te wis. Enigiemand met griepagtige simptome, soos ’n skielike koors, hoes of spierpyn, moet verkieslik van die werk en openbare vervoermiddels wegbly. As jy griep het, is dit in elk geval nie raadsaam om te reis nie.

Wat van Immuniteit?

My persoonlike voorkeur bly steeds ‘n sterk immuniteitsisteem. Dan beskerm my liggaam homself ten beste teen indringers, met inbegrip van onbekende virusmutasies soos die varkgriep.

Daar is baie doeltreffende kruiekombinasies wat die immuniteit teen infeksie as sulks binne ure aansienlik kan versterk, tot die mate dat jou liggaam gewoonlik so ‘n virus oornag sal uitroei, mits jy vroeg, sodra jy die eerste simptome voel, begin om dit te neem.

Die beste een wat ek ken en wat vir ons uitstekend werk, is Infa van Nacare. Lees meer hieroor deur die soekterm “infa” regs bo by die Soektog-venster in te tik.

Slotsom

Volgens alle aanduidings hou die 2009 varkgriepuitbraak nie meer van ‘n bedreiging in as vele ander griepstamme nie. Indien jy gesond leef en jou immuniteit sterk is, het jy min te vrees.

Soos met enige griep moet mense wat as gevolg van verswakte immuniteit blootgestel is, veral versigtig wees om nie aan te steek nie. Hulle moet goeie higiëne toepas en liefs immuniteitversterkende hulpmiddels neem of minstens sulke middels byderhand hou.

Griepinentings is verdag en sal in elk geval gladnie help vir nuwe griepstamme soos die varkvirus nie.

Medikasie wat tans beskikbaar is om die varkgriep mee te behandel hou oor die algemeen slegs (finansiële) voordele in vir die vervaardigers en die verspreiders daarvan.

Aanhaling:

If you don’t do what’s best for your body, you’re the one who comes up on the short end.

Outeur: Julius Erving 1950-, Amerikaanse Basketbalspeler

You may also like...