Varkgriep in perspektief
Varkgriep: Waar staan ons nou?
In opvolg van ons vorige nuusbriewe oor hierdie onderwerp, is dit interessant om daarop te let dat die media-histerie in verband met varkgriep skielik bedaar het.
Ingeligte bronne publiseer nou die volgende bevindings, wat ook nie eintlik die nuus haal nie omdat dit die vorige sensasiesoekende beriggewing ontmasker vir wat dit werklik was:
Swanger vroue is NIE spesiale risikogevalle nie – ontspan dus en geniet jou swangerskap, tensy jy ander immuunaftakelende toestande het.
Varkgriep is NIE die skrikwekkendste, dodelikste pandemie van die eeu nie – ontspan dus en haal af jou gesigmasker.
Die H1N1 is nie buitengewoon gevaarlik of hoogs aansteeklik nie. Dit infekteer nie die brein nie, is nie gevaarliker as enige ander griepvirus nie en aansteeklikheid is heelwat laer as by die meeste ander griepvirusse.
Hospitale en begraafplase is nie oorweldig nie.
In die Suidelike halfrond is minder gevalle van hospitalisasie vir virusverwante longontsteking in 2009 aangemeld as in die vorige jare.
Hospitale en begraafplase is nie oorweldig nie.
In die Suidelike halfrond is minder gevalle van hospitalisasie vir virusverwante longontsteking in 2009 aangemeld as in die vorige jare.
Hospitale en begraafplase is nie oorweldig nie.
In die Suidelike halfrond is minder gevalle van hospitalisasie vir virusverwante longontsteking in 2009 aangemeld as in die vorige jare.
Die entstofvervaardigers het biljoene uit die histerie gemaak. Onthou dit en moenie toelaat dat hulle jou uitvang nie.
Inenting
Kinders onder 2 jaar ontvang bykans geen beskerming van griepinentings nie en dit is ook nutteloos vir 65% van kinders tussen 3 en 9.
Griepinentings verdubbel jou risiko om H1N1 op te doen en vererger die ernstigheidsgraad van die infeksie.
As gevolg van die druk op die bedryf om medikasie vir die stormloop te verskaf, is talle kortpaadjies deur beheerinstellings toegelaat wat veiligheidsprosedures in die vervaardiging van entstowwe omseil het.
Wanneer griepinenting aan klein kinders toegedien word, styg die sterftesyfer as gevolg van griep by die kinders sewevoudig.
Inentings vir masels, pampoentjies en rubellavirus onderdruk die immuniteitsisteem en stel die kinders gevolglik bloot an ernstige komplikasies wanneer virusinfeksies wel plaasvind.
Swanger vroue wat ingeënt word verloor makliker hulle ongebore babas en hulle babas het meer gesondheidsprobleme en gebreke as vroue wat inenting vermy.
Risikofaktore
Vetsug en rook verhoog die risiko vir H1N1 komplikasies sesmaal.
Daar kom wel ernstige gevalle van H1N1 infeksie en selfs sterftes voor. Elke sterfte is ‘n tragedie maar in 99,99% van gevalle is die effek van die virus nie ernstig van aard nie en die meeste mense wat ernstige gevolge het, ly aan onderliggende toestande wat hulle risikofaktor verhoog.
Sterftes as gevolg van seisoenale griep is hoër as dié wat aan varkgriep toegeskryf kan word.
Diegene wat meer intensief wil lees en luister, kan hierdie skakel volg: http://www.linkedin.com/news?viewArticle=&articleID=82668133&gid=41352&articleURL=http%3A%2F%2Farticles%2Emercola%2Ecom%2Fsites%2Farticles%2Farchive%2F2009%2F11%2F03%2FWhat-We-Have-Learned-About-the-Great-Swine-Flu-Pandemic%2Easpx%3Fsms_ss%3Dlinkedin&urlhash=8NBK&trk=news_discuss
Opsommend kan gesê word dat die algemene bevolking geheel en al mislei is oor die gevare wat die H1N1 virus inhou en dat instansies wat entstowwe vervaardig en verkoop baie baat gevind het by die gevolglike stormloop na voorkomende en beheermaatreels.
Goeie gesondheid is niks meer nie as die stadigste moontlike tempo waarteen jy kan sterf.