Verloor liggaamsvet so

Hoe om liggaamsvet te verloor

Om min of baie vet te verloor verg dieselfde proses

Glo dit as jy wil: dieselfde optrede wat nodig is om ‘n bietjie gewig te verloor is netso van toepassing as jy baie gewig wil verloor – ‘n bestendige eetpatroon, kardiovaskulêre oefening, oefening met gewigte, vastye en baie water (http://www.verslank.net/index.php?option=com_content&task=view&id=124&Itemid=2). Dit werk, daarom is dit wat professionele praktisyns doen.

Intimideer oefenprogramme met gewigte jou?

Is jy huiwerig oor ‘n oefenprogram met gewigte? Die voordele oorskry enige besware wat jy mag opper of nadele wat jy voorsien. Oefening met gewigte versnel vetverlies deur jou spiermassa te vermeerder. Meer spiere beteken meer verbrande kalorieë (vinniger metabolisme). Jou vel sal ook gladder en fermer voorkom, jou bloeddruk sal verlaag en jou beendigtheid sal verbeter. Jy sal ratser en meer soepel wees, jou immuniteit sal versterk word, jy sal meer energie hê en ‘n vroliker lewensuitkyk ontwikkel.

Indien jy baie liggaamsvet het of nog nooit daarin kon slaag om vet te verloor nie, probeer ‘n program wat nie net op dieet fokus nie maar wat ook voldoende kardiovaskulêre aktiwiteit en oefening met gewigte insluit.

Verloor vet stadig maar seker

Indien jy reeds baie gespierd is en net van ‘n bietjie liggaamsvet wil ontslae raak, sal ‘n vetverliesprogram met gereelde kardiovaskulêre aktiwiteit en oefening met gewigte perfek vir jou wees.

Die allerbeste manier om te verslank terwyl jy soveel spiermassa as moontlik behou, is om so te eet dat jy stadig vet verloor. Die eetplanne by www.verslank.net gee jou die ideale riglyne.

Om die waarheid te sê, solank jy op ‘n lae-kalorie dieet bly sal jou liggaam eerder spiermassa as oortollige liggaamsvet verbrand. Hoe STADIGER jy dus gewig verloor, hoe meer sal jy in staat wees om vet eerder as spiermassa af te skud.

Die ideaal is om nie meer as 400 tot 600 gram per week te verloor nie. Indien jy eerder meet as weeg, sal jy beter resultate ervaar, bloot omdat spiermassa swaarder is as vet. Selfs as die skaal sê dat jy geen gewig verloor het nie sal die maatband ‘n verskil aandui. Lees meer hieroor by “Eetplanne.”

Indien jy aan vetsug ly moet jy probeer om nie meer as 1% van jou liggaamsgewig per week te verloor nie. Alles wat meer is verteenwoordig spiermassa wat jy opoffer en is dus teenproduktief.

Vroue moet meer geduldig as mans wees

Vroue neig om stadiger as mans vet af te skud. Moet nie toelaat dat dit jou afsit nie. Bykomende vetjies word meer doeltreffend deur vroue gestoor omdat dit tydens en na swangerskap benodig word.

Soos jou vetvlakke afneem sal jy opmerk dat vet in die teenoorgestelde volgorde verloor word as wat dit opgetel is. Die mees onlangse vet sal dus eerste wegsmelt terwyl die vet wat al lank daar was langer sal neem om weg te gaan.

Vir mans is die middeltjie, maag en laerug areas waar vet die moeilikste wyk terwyl vroue veral sukkel met die bobene en die sitvlak.

Dit is en bly moeilik om geheel en al ontslae te raak van vet in hierdie areas omdat hulle oorwegend uit vetweefsel bestaan. Bloedvloeiing na hierdie plekke is beperk en dit verhinder vetmobilisasie. Indien die vet nie die bloedstroom kan bereik waar dit vir brandstof gebruik kan word nie sal daardie handvatsels vir ewig bly.

Gebruik goeie hulpmiddels

Die swak toeganklikheid van areas wat hoofsaaklik uit vetweefsel bestaan vir die bloedsirkulasie is die rede waarom produkte wat sirkulasie verbeter en die bloed verdun help met vetverlies in hierdie probleemareas. Verbeterde bloedsirkulasie help om hardnekkige vet in sulke moeilike areas te mobiliseer.

Onthou dat jy NIE vet in selektiewe areas alleen kan verwyder nie! Jy kan nie oefening vir geselekteerde dele van jou liggaam doen en verwag dat die vet net in daardie areas weggetoor sal word nie. Jou liggaam werk nie so nie. Jy kan net die hoeveelheid vet in bepaalde areas verminder deur die algemene vetvlak van jou liggaam te verlaag. Wanneer jy vet verloor sal dit oraloor in jou liggaam gebeur en nie net in spesifieke areas nie.

Indien jy ‘n volledige eetplan en oefenprogram met gewigte vir minstens 12 weke volg sal jy dramatiese veranderings in jou liggaam sien. Nie net ooglopende fisiese verandering nie, maar ook sielkundige en fisiologiese veranderings.

Natuurlik kan jy minder liggaamsvet verwag. Jy sal egter ook spiermassa bykry, jou metabolisme sal versnel en jy sal meer lewenslus ervaar. Jou energievlakke sal verhoog, jou skadelike cholesterol sal verlaag en die goeie cholesterol sal toeneem. Jou risiko vir hartkwale sal afneem en jy sal dieper en meer rustig slaap. Die belangrikse is dat jy meer selfvertroue sal kry.

‘n Suksesvolle vetverliesprogram moet die volgende insluit:

‘n Eetpatroon wat dieetkundig goed-gebalanseerd is – gebruik die eetplanne by www.verslank.net as riglyn.

Gereelde kardiovaskulêre aktiwiteit vir minstens 30-45 minute 3-4 keer per week. Sommige beveel ‘n matige pas aan en ander ‘n vinnige pas – dit maak nie werklik saak nie, solank jy oefen.

Oefening met gewigte

Vul jou dieet aan met ‘n goedgebalanseerde voedselvorm multivitamin en -mineraal wat ‘n wye kombinasie van anti-oksidante bevat.

Eet voldoende voedselvette, met inbegrip van genoeg noodsaaklike vetsure (veral Omega-3). Die verhoudings en ko-faktore is baie belangrik vir optimale opname en benutting – Omegatone 3 is ‘n puik en deeglik-nagevorsde produk. Kontak ons vir aanbevelings hieroor.

Maak ten slotte seker dat die program wat jy kies met jou leefstyl en skedule versoenbaar is. Die wonderlikste plan ter wêreld is waardeloos as jy dit nie kan laat werk nie. Daar bestaan duisende eetplanne en oefenprogramme vir vetverlies maar dis moeiliker om een te vind wat vir JOU werk, en wat inpas by jou spesifieke behoeftes en die beperkings wat jou leefstyl meebring.

Die groot geheim van vetverlies

Wil jy WERKLIK die geheim van vetverlies ontdek? Hier is dit: BESTENDIGHEID. Jy kan die beste dieet en die beste oefenprogam ter wereld volg, by die beste gimnasium met die beste toerusting aansluit – maar sonder bestendigheid sal dit alles waardeloos wees.

Die een gemeenskaplike faktor by mense wat sukses met verskillende vetverliesprograme behaal is dit: hulle volg dag in en dag uit ‘n voorafbepaalde plan. Hulle hou aan, sonder onderbreking. Hulle is vasbyters wat weet waarheen hulle oppad is.

Daar is baie paaie wat na jou doelwit lei. Ongeag welke pad jy kies, jy sal nooit by jou bestemming uitkom as jy nie gereeld, elke dag die een voet voor die ander sit nie. Jy moet die vasberadenheid en deursettingsvermoë by jouself vind om dit deur te sien. Indien jy dit nie nou gaan vind nie, wanneer gaan dit gebeur?

Die vraag is of ek en jy die eer aan ons Skepper gee wat Hom toekom as ons nie die liggaam wat Hy vir ons gegee het gesond hou en behoorlik versorg nie.

Dit gaan oor veel meer as net jou en my voorkoms en gesondheid, selfs oor baie meer as net ons gerief en selfvertroue. Dit gaan daaroor dat niks in die lewe werklik werk en sin maak as die Here nie die fokuspunt is nie. Wat dink jy wil Hy hê dat jy moet doen?

Dit is maklik om verskonings te maak. Ons doen dit almal een of ander tyd. Die waarheid is dat die moeilikste deel van enige roetine is om aan die gang te kom. Jy sal gewoontes moet breek en nuwe rigtings vir jouself moet bepaal. Dis eintlik eenvoudig: besluit op jou doelwit en weier om op te hou voordat jy dit bereik het.

Om spiere te bou of om vet te verloor is, soos enigiets in die lewe, eenvoudig ‘n saak van bestendigheid en fokus. Gelukkig is dit nooit te laat om te begin nie en jy sal jouself ‘n paar maande van nou af op die skouer klop. Onthou die gesegde: “Doen wat jy nog altyd gedoen het en die resultate sal dieselfde wees as voorheen.” Lees dit weer.

Dit is vir ons ‘n saak van erns

Indien jy sukkel om jou lewenskwaliteit te verbeter is ons ernstig om jou te help om ‘n verskil te maak. Dit is die Skepper se wil dat almal wat Hom ken, dien en eer mekaar sal help sodat geen een gebrek ly nie. Ons wil graag ter erkenning vir wat Hy vir ons gedoen het en steeds doen, iets van die onvoorwaardelike liefde wat Hy aan ons betoon aan ander uitdra.

Ons is daarvan oortuig dat die hulpmiddels wat ons aanbeveel die beste waarde vir geld en tegnologie bied wat tans beskikbaar is.

Besoek en hou asb van ons blad by Facebook: https://www.facebook.com/gesond.verslank

You may also like...