Vermy kitsoplossings
Wat jy NIE wil weet oor verslanking en vetsug nie
Baie van ons begeer daardie fietse lyfie. Dit sal egter dwaas wees om die prys van swak gesondheid daarvoor te betaal. Dit sal ook nie baat om geld te mors nie.
Daar is gespesialiseerde kombinasies van voedingstowwe wat jou met jou gewigbeheerprogram kan help. Die pad is egter vol slaggate. Die gesondheidsgevare word gewoonlik op slinkse wyse agter oordrewe aansprake verberg. Beloftes wat te goed klink om waar te wees lok jou na kortpaaie. Die doelwit is egter om jou geld in die hande te kry eerder as om jou te help.
Daar is aan die einde van die dag geen plaasvervanger vir ‘n gesonde leefwyse nie. ‘n Gebalanseerde dieet, gereelde oefening, sinvolle verhoudings en ‘n toepaslike aanvullingsprogram met ‘n goeie gehalte multivitamin- en mineraalanvuller (kyk by Nuusbriewe, Aanvullers, Voedselaanvullers: Hoe om die koring van die kaf te skei) as grondslag is al wat in die langtermyn sal vrugte afwerp.
Alle produkte wat gewigverlies versnel het newe-effekte en oormatige of aanhoudende gebruik daarvan kan rampspoedig wees vir jou langtermyn gesondheid en welsyn.
Jy sal moet afsien van onwenslike eetgewoontes, ‘n swak leefstyl en kitsoplossings. ‘n Gesonde eetplan en ‘n aktiewe leefstyl is al volhoubare oplossing.
Aanhaling: Ill-health, of body or of mind, is defeat. Health alone is victory. Let all men, if they can manage it, contrive to be healthy!
Outeur: Thomas Carlyle 1795-1881, Skotse filosoof, skrywer
Jou pH is van deurslaggewende belang vir jou gesondheid
Weet jy wat jou liggaamsvloeistowwe se pH is? Dit kos byna niks om uit te vind nie maar die kennis kan van lewensbelang wees. Doen navraag by jou apteek of gesondheidswinkel oor pH troetsapparaat.