Vermy stres speel-speel
Streshantering: ‘n speeldingetjie om te druk kan help
Die Terapeutiese waarde van sagte speelgoed
Mense raap sagte speelgoed op waarvan die eiesoortige sagte voelbare sensasie terapeutiese waarde het. Sommige mense sê die klein vermaaklike goedjies bied balsem teen die stres van die lewe, en stres kan ernstige, selfs dodelike gevolge hê.
Lees meer hieroor by http://www.verslank.net/index.php?option=com_content&task=view&id=58&Itemid=2
Een so ʼn speelding in Japan, “Kaomaru”, lyk soos ʼn klein haarlose kop. Dit is gemaak van elastiese poli-uretaan en het vier verskillende gesigsuitdrukkings, nl. genot, woede, hartseer en plesier. Gryp en knyp dit en jy verander die ding se uitdrukking.
Die verspreider van “Kaomaru” het omtrent 200 000 “Kaomaru”-koppe in Japan en 20 ander lande verkoop. “Kaomaru” is gebaseer op ʼn konsep wat die produkontwerper Makiko Yoshida, 29 uitgedink het vir haar universiteitsgraad projek. Yoshida het aanvanklik gedink mense sal dit onsmaaklik vind, maar as hulle dit bevoel, vind hulle dat dit terapeuties is.
Bekamp onsekerheid
Onsekerheid is nog ʼn groot rede vir die groeiende gewildheid van sagte speelgoed. Onsekerheid is die gevolg van die versnelde pas van verandering en die inname van inligting in die moderne samelewing.
In 2007 het ʼn speelgoedmaker in Tokio, “Bandai Co.”, die “Puchi Puchi”, bekendgestel. Hierdie speelding stel mense in staat om onophoudelik plastiese borrels van “bubble wrap” stukkend te druk. (Dis iets wat ek wat Jan is ook onweerstaanbaar vind)
Saam met ʼn Sojaboonpeul Sleutelhouer — wat die sensasie om sojabone uit die peul te druk namaak, het die maatskappy al 4,5 miljoen verkoop.
Dit is eenvoudige speelgoed wat geen verduideliking nodig het nie, sê Shinji Kameda, 33, ʼn lid van “Bandai” se beplanningspan. Hy sê ook die speelgoed word verwelkom deur mense wat hulle vreugde met hulle vriende wil deel.
In 2008 maak “Epoch Co.” ʼn sagte sleutelhouer ornament in die vorm van ʼn kat se poot. Nie net is dit kalmerend om aan te raak nie, maar dit maak ook ʼn oulike miaaugeluid. Die maatskappy bemark ook ʼn hondvariasie van dieselfde speelding en ʼn sagte poedingvormige speelding wat praat as jy daaraan raak. Mense dra sulke sleutelhouers in hulle sakke of handsakke en geniet dit om aan hulle te vat as hulle so voel.
“Hulle soek na iets wat hulle sal help ontspan in ʼn wêreld waar hulle konstant onder druk van een of ander saak verkeer,” sê Natuyama. Hy glo dat sagte speelgoed ideaal is om in hierdie behoefte te voorsien.
Leer om aan te hou met speel, wat ookal gebeur: http://www.verslank.net/index.php?option=com_content&task=view&id=56&Itemid=2
Bron: Yomiuri Nuus, T. Maeda 2010
Die meeste mense is gespanne omdat hulle nie saam met God wandel nie.
So sê die HERE, jou Verlosser, die Heilige van Israel:
Ek is die HERE jou God, wat jou leer wat heilsaam is,
wat jou lei op die weg wat jy moet gaan.
Ag, as jy maar na my gebooie geluister het
Met erkenning aan Neil Verwey van Japansending. Vra vir hulle Nuusbrief deur ‘n e-pos aan jm@japanmission.org te stuur of besoek hulle webwerf by http://www.japanmission.org/
Neem kennis van oorsake van stres
Sielkundiges Holmes, Rahe en Masuda het hierdie skedule van stresgenererende ervarings opgestel en aan elkeen ‘n waarde gevoeg. Die hoēr tellings verteenwoordig hoēr stresvlakke. Die ervarings wat bo-aan die lys voorkom is:
• Dood van ‘n gade
• Egskeiding
• Skeiding van huweliksmaats
• Dood van ‘n familielid
• Om in die huwelik te tree
• Ontslag by die werk
Laer af vind ons:
• Verandering aan eetgewoontes
• Vakansies
• Kersfees
• Klein wetsoortredings
Dan is daar ook nog:
• die begin van ‘n nuwe besigheid
• Koop of verkoop van ‘n huis
• Modernisering van jou huis
• die koop of verkoop van ‘n motor
Hoeveel stres moes jy in die laaste ses maande hanteer?
Holmes en Rahe het bevind dat mense wat meer as 300 puntewaarde in stres ervaar 49% meer siektes opdoen as diegene wat slegs ‘n 200 punt stresblootstelling het.
Leer om jou stresvlakke te bestuur!
Indien jy ‘n lid is van BeMotivatedToday kan jy onder andere ‘n e-werkboek oor effektiewe streshantering aflaai.
Besoek http://www.BeMotivatedToday.net/9441 indien jy lidmaatskap wil oorweeg. Ek vind dit leersaam, opbouend en ‘n opwindende bron van bykomende inkomste.