Versapping – goed of nie goed nie
Om te versap of om nie te versap nie
Sal al jou drome oor gesonde voedingstowwe waar word as jy koudgeparste sappe drink? Versapping kan ‘n kortpad wees na baie voedingstowwe in ‘n klein, smaaklike porsie. Dink net hoeveel wortels, appels of bete jy nodig het om ‘n enkele glasvol sap te maak. Sap kan ‘n puik metode wees om kalorieë, vitamines, minerale en antioksidante in jou liggaam te kry as jy min eetlus en hoë energiebehoeftes het.
Alhoewel sap ‘n volgepakte energiebron is, kan dit egter ook suikerbelaai wees. Versapping skei die dieetkundige vesel van die vloeistof, en die gekonsentreerde vloeistof skep ‘n probleem.
Wanneer jy byvoorbeeld ‘n appel eet, veroorsaak die teenwoordigheid van dieetkundige vesel dat die liggaam die suiker wat natuurlikerwys in die vrug voorkom, stadiger opneem. Die teenwoordigheid van vesel help sodoende om jou liggaam se bloedsuikervlakke stabiel te hou. Al daardie vesel is ook noodsaaklik vir gesonde spysvertering, veral wat betref die laer gedeelte van die spysverteringskanaal met inbegrip van die kolon.
In die meerderheid van gevalle is dit beter om eenvoudig die hele vrug te eet en (nadat die vrug verteer is) water te drink. Jy kan ook bv. “smoothies” drink, in welke geval die dieetkundige vesel steeds in die drankie teenwoordig is.
Om te versap of om nie te versap nie“Like” ons Facebookblad. Klik asb.