Verslank.net – is ons op koers?

Skoonheidswenke en Nuusbriefdoelwit

Die welbekende en beminde aktrise, wyle Audrey Hepburn, het hierdie wonderlike gedig opgestel nadat sy genader is vir skoonheidswenke:

For attractive lips, speak words of kindness.

For lovely eyes, seek out the good in people.

For a slim figure, share your food with the hungry.

For beautiful hair, let a child run his/her fingers through it once a day.

For poise, walk with the knowledge that you never walk alone.

People, even more than things, have to be restored, renewed, revived,reclaimed, and redeemed; never throw out anyone.

Remember, if you ever need a helping hand,you will find one at the end of each of your arms.

As you grow older, you will discover that you have two hands;one for helping yourself, and the other for helping others.

Ons Doelwit

Sulke positiewe gedagtes laat die vraag ontstaan: Waaroor gaan hierdie nuusbriewe?

Audrey se gedig het ons gemotiveer om te evalueer of ons nog op koers is. Sal jy ons asseblief ook hiermee help?

Hier is die nuusbriefdoelwit waarmee ons teen die einde van 2006 afgeskop het:

Hoe om gewig te verloor, lewenskwaliteit en vitaliteit te verbeter en geld te maak deur veilige, wetenskaplik-beproefde natuurlike metodes en hulpmiddels te gebruik en jou familie en vriende te vertel van die suksesse wat jy behaal.

Ons begeerte was dat die nuusbriewe en verwante dienste soos die pH toetse en ondersteunende advies gratis beskikbaar moet wees. Sommige intekenaars het hieroor besorgdheid uitgespreek. Ons waardeer dit opreg, maar ons inkomste is passief van aard en kom uit volumerabatte op die gesondheidsprodukte wat ons aanbeveel en uit deelname deur intekenare aan die geselekteerde projekte wat ons van tyd tot tyd bekendstel.

Ons grootste vreugde uit die nuusbrief is die voorreg om die interessantste mense te ontmoet, met mense in verhoudings betrokke te raak wat ons andersins nooit van sou geweet het nie en om hopelik hier en daar ‘n verskil te maak.

Met die oog op ons strewe na ondersteuning aan elkeen wat graag aan sy/haar lewenskwaliteit en belangrike prioriteite soos gesinsverhoudings en geloofsake wil werk, het ons tot die slotsom gekom dat die oorspronklike doelwit steeds geld, maar ons het nietemin besluit op ‘n klein klemverskuiwing. Dit lees nou so:

Die Gesondheidsgesin by www.verslank.net bevorder ‘n gebalanseerde leefstyl. ‘n Sinvolle, stresvrye en diensbare verhoudingslewe is die sleutel tot goeie gesondheid, ‘n aantreklike liggaam wat nie oorgewig of ondergewig is nie en goeie lewenskwaliteit.

Dit gaan oor JOU behoeftes

In hierdie nuusbriewe wil ons graag aan jou behoeftes aandag gee. Jy word dus uitgenooi om kommentaar te lewer of om voorstelle te maak. Klik asseblief by Kontak en vertel ons hoe jy oor die saak voel.

Aanhaling: The concept of total wellness recognizes that our every thought, word, and behavior affects our greater health and well-being. And we, in turn, are affected not only emotionally but also physically and spiritually.

Outeur: Greg Anderson Amerikaanse Outeur van ”The 22 Non-Negotiable Laws of Wellness”

You may also like...