Hoekom is dit so moeilik om gewig te verloor?
Om te verslank is ‘n meer ingewikkelde proses as wat ons besef
Die mens is ontwerp om in ‘n komplekse stelsel waardeur ons oorleef na kos te soek.
Onlangse navorsing dui daarop dat ons liggame sirkulerende hormone bevat wat ons aptyt so beïnvloed dat ons ná gewigverlies neig om te oor-eet, net om weer die verlore gewig te herwin.
‘n Minnesota eksperiment wat reeds in 1950 gepubliseer is, het aangedui dat ons geneig is om na ‘n tydperk van uithongering te ooreet totdat ons vetmassa na die aanvanklike vlakke teruggekeer het, of dit oorskry.
Gestoorde vet kan ‘n bron van energie vir honger tye wees, maar die liggaam skakel ongelukkig ook geredelik spierproteïen om na energie, om sodoende opgegaarde vet te beskerm.
Blameer die jagter-versamelaars
Dit klink vreemd dat ons liggame oortollige vet beskerm, maar ons fisiologie is oor millennia deur evolusionêre prosesse gevorm om aan te pas by ‘n jagter-versamelaar leefwyse. Dit het gelei na hoë vlakke van fisiese aktiwiteit gepaard met afwisselende tye van hongersnood en oorskot.
Persone met spaarsamige metabolisme, wat eerder oortollige energie in die vorm van vet opberg, sou makliker oorleef en hulle gene voortdra. Tydens hongersnood, sou hul vermoë om vet op te berg hulle langer aan die gang hou.
Hierdie aanpassings, eens vantevore nuttig, veroorsaak deesdae ongekende vlakke van vetsug onder alle bevolkings met ‘n leefstyl wat gekenmerk word deur lae vlakke van fisiese aktiwiteit en ‘n oorvloed kos.
Kortom, ons is ontwerp om vet op te berg en om dit te behou wanneer ons dit eers het.
Ontwerp vir vet-wees
Om ons fisiologie te verstaan, moet ons begryp hoedat biologiese sisteme meestal deur negatiewe terugvoerstelsels gereguleer word.
Veranderinge aan ‘n vasgestelde toestand (soos liggaamsvet) lei na teenoorgestelde veranderinge totdat die toestand terugkeer na die voorheen-vasgestelde beginpunt.
Dit lyk of dit by gewigverlies ook so werk. ‘n Vermindering van vetweefsel lei na hormoonveranderings wat tipies ‘n terugkeer na die oorspronklike vetvlak meebring.
Die wrede waarheid is egter dat dit nie lyk asof die omgekeerde waar is nie; ons biologiese stelsels sal ons nie help om vanaf oorgewig na ‘n normale gewig terug te keer nie.
Is vetsug te oorweldigend in ons omgewing om dit te kan weerstaan? Of het ons nog altyd te veel fisiologies staatgemaak op eksterne gebeurtenisse, soos hongersnood of hoë vlakke van fisiese aktiwiteit, om liggaamsgewig te reguleer?
Die probleem van vetsug sal voortduur vir solank as wat ons omgewing vetsugtig bly. Die realiteit is dat ons nie meer op instink kan steun om liggaamsvet te reguleer nie – ons moet leer om ons gesonde verstand te gebruik.
Besoek asb ons Facebookblad by https://www.facebook.com/gesond.verslank/