Vetsug se pad en suikerverslawing

Die roete na vetsug loop via jou tong

Volgens neurowetenskaplikes verlam vetsug geleidelik die smaaksensasie van rotte vir soet kossoorte sodat hulle al hoe groter hoeveelhede soeter kosse eet. Blykbaar is daar ‘n kritiese skakel tussen smaak en liggaamsgewig.

Vorige studies het aangedui dat mense wat aan vetsug ly minder sensitief is vir soet smaak, maar daar is min bekend oor die spesifieke verskille in die smaak-bewustheid van oorgewig mense en slanke individue. Navorsers het hierdie verskille probeer ondersoek deur die reaksie van twee verskillende soorte rotte te bestudeer.

Die smaakresponse van vetsugtige rotte stem ooreen met die van vetsugtige mense, in teenstelling met die response van gesonde en slanke rotte. Hierdie oorgewig rotte neig om kronies te ooreet as gevolg van die afwesigheid van ‘n versadigingsein. Hulle word vetsugtig en ontwikkel diabetes. Hulle toon ook ‘n toenemende voorkeur vir soet kossoorte.

Bronne:

Science Daily November 26, 2008

Brain Research Bulletin January 31, 2008;75(1):70-6

Vorige studies het ook tot die gevolgtrekking gekom dat die sleutel tot verslanking gelee is in die sensitiwiteit van jou smaakorgane. Indien jou smaak sensitief is sal jy makliker slank bly. Sensitiewe smaak hou verband met die aantal papille (die uitsteekseltjies) op jou tong wat jou smaaksintuie huisves. Mense met min papille kan eenvoudig nie hulle kos maklik proe nie en verkies dus soeter, warmer of bitterder kos (wat ooreenstem met kosse wat baie vette bevat).

Die saak is egter meer kompleks as net dit. Hormone beïnvloed ook jou soet tand. Om mee te begin, jou sin vir smaak kan eenvoudig die resultaat wees van ‘n swak dieet. Dan word dit ‘n simptoom van ooreet en vetsug eerder as die onderliggende oorsaak.

Indien jou dieet baie suiker en grane bevat sal jou liggaam te veel van die leptienhormoon vrystel. Dit sal jou met tyd weerstandig maak teen leptien.

Wanneer dit gebeur verloor jou liggaam die vermoë om die boodskappe te ”hoor” wat dit waarsku om op te hou met eet, om vet te verbrand en om sensitiwiteit teen soetigheid te handhaaf. Jy bly dus honger, jy hunker na soetigheid en jou liggaam stoor meet vet.

Leptienweerstandigheid vermeerder ook vet in die ingewande. Dit lei na ‘n spiraal van honger, vetopberging, toenemende blootstelling aan hartkwale, diabetes, metaboliese sindroom en andere.

Die hoeveelheid smaakorgane op jou tong is waarskynlik nie so belangrik nie. Die onderliggende probleem is leptienweerstandigheid. Daar is egter oplossings vir die probleem.

Hunkering na suiker is verslawend

Verslawing aan verfynde suiker is erger as kokaïenverslawing! Suiker is een van die mees verslawende substanse wat tans bekend is. As jy dus dink dat dit moeilik is om van tabak vry te kom, suiker kan ‘n veel erger probleem wees.

En dit eindig nie by verfynde suiker nie. Stysel, in die vorm van grane en aartapppels metaboliseer in jou liggaam om suiker te vorm en moet dus ook uitgeskakel word as jy gewig wil verloor en beter wil voel. Die eetplanne by www.verslank.net gee eenvoudige riglyne om jou hiermee te help.

Stel jou smaaksintuie reg

Onthou dat jou smaaksintuie waarskynlik nie die beste aanduiding gee van welke kosse goed is vir jou nie.

Baie oorgewig mense ontwikkel egter ‘n skakel tussen hulle smaaksintuie en hulle breine wat hulle liggame lei om leptien en insulien te produseer sodra hulle iets soet eet. Dan lei die verhoogde leptienvlakke tot ‘n hunkering na meer suiker en grane.

Die resep om die bose kringloop te stop

Verander jou dieet – ‘n strategiese eetplan wat goeie vette beklemtoon en bloedsuikerpieke vermy sal jou liggaamselle weer in staat stel om hormonale boodskappe reg te vertolk.

Sodra jy vir ‘n tyd lank reg eet, sal jy merk dat voedsame kos weer lekker sal smaak.

Gebruik ook die belangrike en Godgegewe metode van vas en gebed om jou uit hierdie spiraal te help. (Kyk die drie nuusbriewe oor vas en gebed by www.verslank.net onder Nuusbriewe/Verslanking.)

Hou ook in gedagte dat voldoende gereelde kardiovaskulere oefening jou aansienlik sal help om van oortollige vet ontslae te raak.

You may also like...