Vitamine C die wondervitamine
Vitamine C gesondheidsdeurbraak
Die welbekende vitamine C of L-askorbiensuur is ‘n noodsaaklike nutriënt wat in voldoende hoeveelhede in die dieet van mense en sekere diere moet voorkom.
Vitamin C speel ‘n belangrike rol by onder andere
-
Die genesing van wonde en bekamping van bloeding
-
Talle noodsaaklike metaboliese reaksies
-
Sintese van kollageen, karnitien en breinoordragstowwe
-
Afbreek van uriensuur
-
Bekamping van skeurbuik
-
Bekamping van longkwale by rokers
-
Bekamping van hartsiektes
-
Verlenging van lewensverwagting
-
Immuniteitsisteem – hoë konsentrasies in immuunselle word tydens infeksies vinnig opgebruik.
Antioksidant
Askorbiensuur is welbekend vir antioksidant-aktiwiteit, om oksidasie in vloeistowwe teen te werk. Wanneer die menslike liggaam meer vrye radikale as antioksidante bevat, kom oksidatiewe stres voor. Dit kan onder andere lei na kardiovaskulêre siekte, hipertensie, kroniese inflammatoriese toestande, diabetes en benadeel pasiente wat in kritieke toestande verkeer of erge brandwonde opgedoen het.
Antihistamien
Vitamin C is ‘n natuurlike antihistamien. ‘n Studie in 1992 het bevind dat 2 gram vitamine C per dag bloedhistamienvlakke by gesonde volwassenes binne ‘n week met 38% verlaag.
Daaglikse inname
Alhoewel daar gedurig debattering onder wetenskaplikes plaasvind oor die wenslike optimum hoeveelhede, wissel aanbevelings oor die algemeen tussen 40 milligram per dag en 2 000 milligram per dag. Kroniese toestande soos kanker, hartsiektes en katarakke verhoog egter die behoefte aan Vitamine C.
Megadosering
Relatiewe hoe dosisse Vitamine C kan lei tot swak spysvertering, diaree, naarheid, hoofpyn en veluitslag, veral by kinders. Hierdie simptome kom egter selde voor wanneer die vitamines in ‘n meer natuurlike en baie hoër opneembare voedselvorm ingeneem word.
Voedselvoorbereiding
Vitamin C ontbind chemies onder sekere omstandighede. Baie daarvan gebeur wanneer kos gekook word. Vitamine C konsentrasies verminder in verskeie voedselbestanddele namate die temperatuur waarteen dit geberg of gaargemaak word toeneem. Die kookproses kan die Vitamine C inhoud met ongeveer 60% verminder. Hoe langer die kookproses aangaan hoe meer verliese sal voorkom en die gebruik van koper kookware sal ook die agteruitgang versnel.
Aangesien vitamine C wateroplosbaar is, sal dit ook in water wat vir die kookproses bygevoeg word verlore raak. Alle groentes is egter nie ewe sensitief hiervoor nie. Broccoli sal byvoorbeeld meer vitamines behou wanneer dit gekook word.
Aanvullers
Vitamine C word oor die algemeen sinteties vervaardig en in ‘n wye reeks tablette en poeiers aangebied. Die eerste hiervan is reeds in 1934 kommersieel aangebied, maar die navorsers wat dit ontdek het, het gewaarsku dat dit nie gereed was vir menslike gebruik nie. Benutting was baie laag en dit is steeds ‘n probleem.
Nieteenstaande word Vitamine C nog al die jare in kapsules, tablette, drankies, in multi-vitaminformulerings, in verskeie antioksidantformulerings en as kristallynpoeier te koop aangebied. Daar is ook sogenaamde “timed release” weergawes en formulerings wat bioflavoniede bevat.
Talle verskillende kelerings en ander prosesse word aangewend om opname van die sintetiese nutriënte te verbeter. Slegs beperkte sukses word hiermee behaal omdat die menslike liggaam gemaak is om sy nutriënte uit plante te haal. Sintetiese stowwe word nie as voedsel erken nie en word dus uiters swak benut.
Ek het onlangs ‘n vergelyking tussen ‘Foodstate’ ® vitamine C en ‘n gewilde vitamine C bruistablet gemaak. Die bruistablet se koste is tienmaal meer per mg opneembare vitamine C as die ‘Foodstate’ weergawe.
Ontdekking
Die Nobelprys in Geneeskunde is in 1937 aan Hongaarse navorser Albert Szent-Györgyi toegeken vir baanbrekerswerk rondom die ontdekking van Vitamine C.
Daarna het dit die eerste vitamine geword wat in grootmaat sinteties vervaardig is. Dit blyk egter dat dit meer oor winsbejag as oor doeltreffendheid gegaan het. Intussen het Albert Szent-Györgyi voortgegaan met navorsing om opneembaarheid te verbeter. Dit het meer as 50 jaar geneem en die uiteindelike deurbraak is deur Szent-Györgyi se volgende generasie opvolg-navorsers gemaak. Hulle het in 1989 ‘n proses ontdek wat geregistreer is onder die handelsnaam ‘Foodstate’ ®.
Die ‘Foodstate’ ® proses behels dat sinteties-vervaardigde vitamines sowel as anorganiese minerale molekulêr verbind word aan proteïndraers in voedselselle. Hierdie draers is soortgelyk aan dié wat in die natuur deur fotosintese voortgebring word. Dit was ‘n deurbraak wat in die howe in die VSA betwis is, maar die farmaseutiese reuse wat die saak aanhangig gemaak het, moes alle regskostes betaal. Die ontdekkers van ‘Foodstate’ ® het aan die hof bewys dat hulle deurbraak eg is.
Uiteindelik, vir die eerste keer sedert die 1930’s, is volledig-opneembare vitamine C beskikbaar danksy ‘Foodstate’ ® tegnologie. Opneembaarheid is ongeveer 16 keer beter as dié van sintetiese vitamine C. Soortgelyke merkwaardige opneembaarheidsyfers word via dieselfde tegnologie met ander vitamines sowel as minerale behaal. Kontak my gerus as jy meer hieroor wil agterkom.
Die Ebola virus
Navorsingsresultate wat Belfield en Stone (1975) gepubliseer het, dui daarop dat die indruk dat bykans elkeen wat ebola opdoen gaan sterf nie waar is nie. Dit is ook onwaarskynlik dat die ebola virus ‘n persoon met goeie dieetkundige status en wat elke dag soveel vitamine C inneem as wat sy liggaam kan benut, sal siek maak.
Vang drie voëls in een wip:
Misdaadbekamping, Selfbeskerming en Inkomste
Klik hier vir meer inligting.