Voedselverarming – hoe erg is dit?
Moderne Voedsel – Die Feite oor Verarming
Wat bevat jou “gesonde” voedsel? (benaderde syfers)
*Bone en blaarslaai – 25% van die belangrikste minerale wat dit in die natuur gehad het, maar bykans GEEN sodium, mangaan, yster of koper nie.
*Kool – 30% van natuurlike inhoud maar bykans geen sodium, mangaan of koper nie.
*Tamaties – 20% van kalsium, 7% van magnesium, 25% van kalium maar bykans GEEN sodium, mangaan, yster of koper nie.
*Spinasie – 500% kalsium, 23% magnesium, 3% kalium, bykans GEEN sodium, mangaan, yster of koper nie.
* Syfers uit ‘n onafhanklike studie deur Rutgers Universiteit in 1993 wat bevind het dat daar gemiddeld slegs 13% van die noodsaaklike mikro-elemente in vars voedsel is as wat daar in organies-gekweekte produkte verwag kan word.
Die situasie is egter selfs swakker as wat die syfers aandui.
Die 500% kalsium by spinasie lyk bv. op die oog af goed, maar hou in gedagte dat kalsiumbenutting afhanklik is van ‘n delikate balans in sy verhouding met magnesium en kalium.
Let op die radikale versteuring van die verhoudings tussen hierdie drie minerale, wat beteken dat die hoë kalsiuminhoud by spinasie geen waarde bied nie omdat die liggaam dit nie kan opneem en benut nie.
Die toestand is vandag, 30 jaar later, waarskynlik nog aansienlik swakker.
Geen wonder nie, dat die spreekbuis van konvensionele medisyne en tradisionele opponent van alternatiewe en aanvullers, JAMA (The Journal of the American Medical Association) etlike jare gelede reeds in ‘n artikel aanbeveel het dat alle mense elke dag ‘n multivitamin –en mineraalaanvuller behoort te gebruik.
Daarbenewens het ons ook nog elke dag minstens 8 glikane nodig en die moderne dieet kan slegs hoogstens 2 verskaf. Glikane is noodsaaklik vir kommunikasie tussen die liggaam se sisteme, waarsonder geen genesing kan plaasvind nie en die liggaam dit moeilik vind om net gesond te bly.
Gebruik die “kontak” skakel om meer uit te vind oor glikane en waar om hulle te kry.
Aanhaling: | “People who don’t know how to keep themselves healthy ought to have the decency to get themselves buried, and not waste time about it.” |
Outeur: | Henrik Ibsen 1828-1906, Noorweegse Dramaturg |