Volhoubare gewigverlies

Volhoubare gewigverlies deur ‘n gesonde leefstyl

Sodra jy begin het om gewig te verloor is dit baie belangrik dat jy sal dink aan hoedat jy in die dae wat volg jou verminderde gewig gaan handhaaf.

Glo dit as jy wil: die maklike deel is om gewig te verloor. Die ware uitdaging kom daarby om ‘n laer gewig te handhaaf.

Het jy reeds talle diete probeer, net om weer gewig op te tel? Mense verloor daagliks baie gewig met diete, maar 95% van hulle tel dit weer op OMDAT HULLE NET BLY FOKUS OP GEWIGVERLIES. Hulle volg ‘n dieet totdat n bepaalde syfer op die skaal bereik word en binnekort gaan hulle terug na die ou leefstyl wat die oorsaak van die oorspronklike probleem was. Is dit nie logies dat die gewig eenvoudig weer sal terugkom nie?

Gewigbeheerstatistiek bewys dat byna enigeen gewig kan verloor, maar dat slegs 5% dit kan handhaaf. Houers van die Gewigbeheerregister het by persone wat uitermate suksesvol was met gewigbeheer gaan aanklop. Hier volg die sewe hoofredes waarom hulle nie weer gewig optel nie:

1. Aanhouer wen – die dieters het mislukking aanvaar maar desnieteenstaande aanhou probeer.

2. Gee skiet – die dieters het hulleself nie afgeskeep nie, maar van tyd tot tyd toegegee aan oormaat.

3. Kontroleer gereeld – hulle het hulself gereeld geweeg. (As jy eerder meet as weeg doen jy nog beter)

4. Oefening – hulle het gereeld een uur per dag oefening gedoen.

5. Beplande dissipline – hulle het klein stukkies aktiwiteit by hulle daaglikse lewe gevoeg.

6. Gebalanseerde dieet – hulle het ‘n hoë koolhidraat en laevet dieet gevolg. (Maar gesonde olies is nog beter as laevet)

7. Eet gereeld – hulle het 5 maaltye per dag ge-eet.

Doen jou bes met wat tot jou beskikking is. Moenie jouself kruisig as jy ‘n ongesonde keuse uitgeoefen het nie.

Eet smaaklike, heel voedselsoorte. Gebruik die beste moontlike bestanddele, maak heerlike etes en leef goed. As jy jou te buite wil gaan, beteken dit nie jy hoef gemors te eet nie. Doen dit met die gesondste moontlike bestanddele.

Meet eerder as om te weeg. Weeg net by uitsondering.

Doen swaar huishoudelike werk en ander aktiwiteite wat jou hartklop-tempo opstoot en probeer verskillende soorte oefening as jy maklik verveeld raak.

Dit is baie belangrik dat jy elke dag aan die gang kom. Dit beteken egter nie noodwendig aerobiese klasse of een of ander oefenmasjien om jou hartklop op te jaag nie. Gebruik jou inisiatief.

Eet organiese heel-voedselsoorte en gesonde olies. Laevet is nie die antwoord nie, en gesonde olies is nie die vyand nie. Die regte oliesoorte sal in werklikheid jou metabolisme stimuleer.

Vyf etes per dag sluit nie lekkernye in nie. As jy nie die verkeerde goed kan vermy nie, hou dan eerder by 3 gesonde etes per dag. Werk uit wat vir jou unieke liggaam die beste is en hou daarby.

Dink elke dag “gesonde leefstyl” omdat jy wanneer jy ouer word jou lewe wil geniet. Jy wil nie tydens jou goue jare in ‘n wiegstoel sit en heeldag kla oor jou kwale nie.

Fokus op gesondheid wanneer jy ‘n gesonde leefstyl wil aanleer. Baie mense is oorhaastig om gewig te verloor en spandeer hulle lewens daaraan om oortollige vet op enige moontlike en onmoontlike manier af te skud, net om dit weer op die verkeerde plekke op te tel. As jy dit doen sonder om die belangrike rol wat ‘n gesonde leefstyl speel in ag te neem, gaan jy wel gewig verloor, maar dan ook jou gesondheid. As jy maer maar sieklik is het jy niks gebaat nie.

Selfs al verloor jy baie stadig gewig, is dit wonderlik. Die idee is om die vet af te skud en vir altyd daarvan ontslae te bly. Selfs een of twee kilogram per maand is puik en aan die einde van ‘n jaar sal jy ‘n groot verskil sien.

Diegene wat vir eers net daarin slaag om op te hou om gewig aan te sit het ook al sukses behaal.

Gee jouself en jou liggaam tyd om by ‘n nuwe, gesonde leefstyl aan te pas en geniet jouself in die proses. Oor ‘n jaar sal jou liggaam jou daarvoor bedank en in die jare wat kom sal jy al hoe meer die vrugte van jou gesonde leefstyl pluk. Jou gewig sal in die proses vanself regkom.

Essenerbrood bevat geen gluten nie

Oorweeg hierdie brood wat as’t ware smaak of dit uit die hemel kom! As ‘n mens eers Essenerbrood geëet het, wil jy nie meer winkelbrood eet nie. Daar is ‘n hele paar resepte op die internet; dit is brood wat gebak word uit gespruite korringkorrels wat gemaal word. Daar kom gewoonlik niks by nie. Dit is dus swaar en ‘n klein stukkie maak jou vol vir baie ure.

http://allrecipes.com/Recipe/Essene-Bread/Detail.aspx

You may also like...