Vyf gewigverlieswenke

Vyf belangrike gewigverlieswenke

Hartlik geluk! Jy het besluit om ‘n paar kilogramme af te skud, maar waar begin jy?

Baie belangrik: stel realistiese doelwitte vir jouself. Realisme sluit in dat jy in gedagte moet hou dat almal nie dieselfde liggaamsbou het nie.

Lees hierdie riglyne vir agtergrond voordat jy begin: http://www.verslank.net/index.php?option=com_content&task=view&id=101&Itemid=2

Hier is ons top 5 wenke om jou te help om jou doelwitte na te streef:

Wenk 1: Skryf alles wat jy eet neer

As jy ‘n voedseljoernaal byhou sal dit jou help om jou eetpatroon te verstaan. Dan sal dit makliker wees om dit te verander. Vra ‘n geregistreerde dieetkundige om jou joernaal na te gaan as dit moontlik is.

Wenk 2: Wees bedag op wat jy drink

Tel alles bymekaar wat jy deur sappe, bruiskoeldrankies en melk en suiker in jou koffie en tee inneem. Dit sal waarskynlik heelwat meer wees as wat jy dink.

Besluit om minstens 8 glase water per dag te drink. Benewens bevogtiging en detoksifikasie (kyk by http://www.verslank.net/index.php?option=com_content&task=view&id=124&Itemid=2 vir meer hieroor) sal dit jou ook versadig laat voel.

Wenk 3: Kies vars en heilsame voedsel

Koop vars voedsel en vermy voorafverpakte en geprosesseerde kossoorte soos kitskos. Voorafverpakte en kits-tipe voedsel bevat gewoonlik meer sout en vette. Jy kan byvoorbeeld heelwat gewig verloor deur eenvoudig tuis-voorbereide kos vir middagete in te pak eerder as om uit te eet of kitskos te koop. Jy sal ook so geld spaar.

Wenk 4: Beweeg!

Byna alle kenners beveel aan dat jy 30 – 60 minute per dag aan fisiese aktiwiteite wy om gesond te bly. Probeer om ook minstens tweemaal per week gewigdraende oefeninge te doen. Dit sal baie help om sommige van daardie ongewensde kalorieĆ« te verbrand en om daardie endorfiene deur jou liggaam aan die vloei te hou.

Wenk 5: Wees realisties oor bederfies

Vir langtermyn sukses moet jou dieet realisties wees. Elkeen het gunstelingversnaperings, laat jouself toe om so dan en wan ‘n bederfie te geniet. Hou net die frekwensie en hoeveelhede met ‘n valk-oog dop! ‘n Klein bederfie elke nou en dan kan ‘n positiewe bydrae lewer tot jou gewigverlies-ervaring. Aan die ander kant sal jou hele program waarskynlik gou in duie stort as jy te veel van jou gunstelingversnaperings geheel en al uitskakel.

Aanhaling: Nog nooit het ek ‘n gesonde persoon ontmoet wat oordrewe begaan is oor sy gesondheid nie. Ook nie ‘n werklik goeie mens wat uitermate bekommerd is oor sy siel nie. (My vertaling)

Outeur: John B. S. Haldane 1892-1964, Britse wetenskaplike en skrywer

You may also like...