(Met erkenning aan Jerigo Mure Gebedsgids, 28 November 2005)
Vetsug is ‘n siekte.
Vetsug moet as ‘n baie komplekse siekte hanteer word.
Dit is ‘n toestand wat jaarliks meer as 300 miljoen mense affekteer. Dit raak ’n onrusbarende en toenemende hoeveelheid kinders. Die afwesigheid van “gesonde leefstyl” en ‘n ongebalanseerde siening oor wat ‘n gesonde en gebalanseerde eetpatroon behels is die grootste bydraende faktore tot hierdie probleem.
Die probleem word vererger deur kompulsiewe gedrag; mense wend hulle onwillekeurig na eetgoed terwyl die probleem dikwels kom van emosies wat uit leuengebaseerde denke spruit.
Soveel as 8% van die koste vir gesondheidsorg in sommige Westerse lande word bestee op vetsug, verwante probleme en verslanking. Vetsug is een van die vernaamste oorsake van voorkombare sterftes.
Vetsug is nie ’n estetiese probleem nie. Dit is ’n baie komplekse probleem wat verband hou met diabetes, aarverharding (arteriosklerose) en ander gesondheidsprobleme en oorsake van dood.
Vra die Here om vir jou iemand te wys wat lyk asof hy/sy ’n probleem met vetsug het. Oorweeg dit om vir daardie persoon te gaan bid. Moedig hom/haar aan om hulp te kry om ‘n gesonde leefstyl en dieet aan te leer. Bied aan om op ‘n gereelde basis vir die persoon te bid.