Wanneer om water te drink en wanneer nie

Die goeie en slegte tye om water te drink

Ons weet almal dat dit belangrik is om baie water te drink. Weet ons egter van die spesiale tye waarop water gedrink moet word en nie gedrink moet word nie?

As jy water op die regte tye drink, dan doen jy jou liggaam ‘n reuse guns. Die water wat jy drink se doeltreffendheid word daardeur aansienlik verhoog:

2-4 glase water op ‘n leë maag nadat jy wakker word – help om die interne organe te aktiveer

1 glas water 30 minute voor ‘n maaltyd – help die spysverteringsproses en om minder te eet

1 glas water voordat jy bad – help om bloeddruk te verlaag

1 glas water voor slaaptyd – help om beroerte en hartaanvalle te verhoed

Hou in gedagte dat 75% van die brein uit water bestaan.

Water help om voedingstowwe en suurstof na liggaamselle te vervoer.

Dit reguleer liggaamstemperatuur.

83% van jou bloed bestaan uit water.

Dit bevogtig suurstof wat ingeasem word.

Dit help om voedsel in energie te omskep .

Dit help om afvalstowwe te verwyder.

22% van jou bene bestaan uit water.

Dit vorm kussings in jou ledemate.

Water help die liggaam om voedingstowwe te absorbeer .

75% van jou liggaam se spierweefsel bestaan uit water.

Water beskerm belangrike organe en vorm ‘n kussing-effek daar rondom.
Lees ook verder oor Japannese waterterapie by die nuusbriewe or verslanking
In ligter luim: Gasvryheid beteken om jou gaste tuis te laat voel selfs wanneer jy wens dat hulle wel tuis is.

 

You may also like...