Ware vryheid is slegs by Waarheid te vinde
Ons is na ons Skepper se beeld geskape om vir ewig met Hom en met mekaar in liefdevolle verhoudings saam te leef.
Hierdie volmaakte verhouding wat ware vryheid waarborg is deur leuens en ongehoorsaamheid verbreek. Sedert die sondeval gaan die vyand voort met sy vernietigingswerk en alhoewel hy finaal op die Opstandingsdag verslaan is, word hy steeds toegelaat om sy verleidelike leuens te versprei.
Deesdae is dit juis die mens se Godgegewe behoefte aan sinvolle verhoudings wat teen hom ingespan word. Ons word deur die vooruitsig om weer na ‘n “normale verhoudingslewe” terug te keer, mislei om ons vryhede en ware beskerming op irrasionele wyse prys te gee. Mag ons as gelowiges so deur vrees en angs meegesleur word dat ons selfs daaraan meewerk deur sulke leuens te glo?
Alle mense is permanent omring en deurspek met patogene (virusse en bakterieë) wat bv. sorg vir spysvertering en ons immuniteit handhaaf. Ons lewe hang daarvan af. Daar is egter ook skadelike patogene op en in ons. Die ernstigheidsgraad van ons respons op hierdie skadelike patogene hang ten nouste saam met ons immuniteitsvlak.
In 1918-19 het ongeveer 50 miljoen mense weens die Spaanse griep gesterf nadat hulle vir 4 jaar van oorlog in angs en armoede gedompel is.
Die wêreldbevolking se immuniteit is tans op sy laagste vlak sedert 1920 na dekades van ‘n kitskoskultuur en gejaagde lewe, gevolg deur byna twee jaar van angsgenerering weens Covid-19. Dit lei na al hoe erger infeksies en meer sterftes, en word ‘n katastrofiese bose kringloop.
Te midde van heftige kritiek oor hul hantering van die “covid-pandemie” het Swede voortgegaan met hul “laissez-faire” hantering van covid-19.
Op 21 Julie 2021 het daardie land ‘n 7-dae gemiddelde covid-19 verwante sterftesyfer van NUL bereik. Die kersie op die koek is natuurlik dat Swede se ekonomie bykans geen skade gely het nie.
Brasilië word ook heftig gekritiseer vir sy weiering om die protokolle wat die WGO voorstel te volg. Daardie land se sterftesyfers (sesde op die lys hieronder) verskil egter nie wesenlik van dié van enige ander land nie maar wat wel radikaal verskil is dat, soos die geval met Swede, hul ekonomie ook bykans ongeskonde is. Let ook daarop dat daar géén patroon in die data is wat daarop kan dui dat inperking werk nie:

Nogtans het bykans die hele wêreld binne ‘n kort tyd, sonder om behoorlike kosterisiko-analises te doen, maatreëls ingestel wat ‘n uiters afbrekende impak op hul gemeenskappe en ekonomieë gehad het. Tot op datum, 14 September 2021, bestaan daar in geen land ter wêreld wetenskaplike bewyse dat voordele van inperkingsmaatreëls die nadele oortref nie.
Die gesaghebbende PANDA waarsku lank reeds dat die “beskermingsmaatreëls” in Suid-Afrika meer as dertigmaal meer skade as die virus berokken.
Dit beteken dat diegene wat die beskermingsmaatreëls uitgedink het en toepas, sowel as elkeen wat dit aanmoedig en ondersteun, mede-verantwoordelik kan wees aan meer as 2 miljoen onnodige sterftes, net in Suid-Afrika.
Dit word nog erger. Terwyl amptelik-aangemelde nadelige gevolge van covid inentings na slegs ‘n paar maande reeds meer is as die totale aanmeldings ten opsigte van vaksinering vir alle toestande oor 30 jaar, staan mense tou om ingeënt te word vir ‘n toestand wat statisties vir die oorgrote meerderheid van die bevolking weglaatbare bedreiging inhou. Boonop het ongeveer 80% van die bevolking reeds covid-19 gehad, aldus Discovery Health. Dit beteken dat hulle almal teenliggame opgebou het wat die mees doeltreffende beskerming, nl. natuurlike immuniteit verskaf.
Die Caring HCW / Hope4humanity koalisie bied gratis teenliggaamtoetse aan en reik sertifikate uit wat natuurlike immuniteit bevestig. Dit bly egter problematies want sulke toetse sal weer op ‘n ander vlak diskriminasie meebring en na gelang die teenliggaamvlakke daal sal jy weer nie-immuun verklaar word. Daar is ook diegene wat nooit teenliggame ontwikkel nie en daar is geen waarborg dat geïnfekteerde persone wat asimptomaties is ooit positief sal toets nie.
Propaganda het mense in vrees gedompel en hul angsvlakke onnodig verhoog, om sodoende immuniteit tot in die grond toe af te takel – daardie einste immuniteit wat reeds vir meer as 100 jaar bekend is as die mens se enigste werklike verweer teen virusse. Die gepaardgaande ekonomiese en sosio-ekonomiese skade en werkverlies weens die nuttelose inperkingsmaatreëls is bykans onberekenbaar.
Dit is tyd om die ongemaklike vraag te vra: Waarom het Suid-Afrika se geestelike, politieke en ander leiers saamgespan om die ingrypende en vernietigende inperkingsmaatreëls in te stel, toe te pas en te ondersteun sonder om, soos etlike ander lande se leiers, vooraf ‘n behoorlike kosterisiko-analise te doen?
Met die “beskermingsmaatreëls” word op ‘n skaal soos nog nooit tevore nie, diskriminasie teen oningeligtes en die armes bewerk. Terwyl die rykes se besighede floreer (bv. die farmaseutiese bedryf en Amazon.com) verloor miljoene mense hul werk en besighede. Dit bring ‘n nuwe vlaag angs na vore. Die vraag gaan eerste aan geestelike leiers, want volgens Paulus in sy brief aan Timoteus (1 Tim. 6:1-2) het die mense wat gesagsposisies in die gemeenskap beklee die verantwoordelikheid om enige vorms van diskriminasie teen te werk.
Die insae van Belgiese prof. Mattias Desmet oor die sielkunde van indoktrinasie getiteld “The Covid Narrative is Mass Hypnosis” is van deurslaggewende belang om te verstaan wat tans in die wêreld aan’t gebeur is en wat ons aan die saak kan en moet doen.
Prof. Desmet werp lig op aspekte van massahipnose, skareformasie, totalitarisme, indoktrinasie en hoe die mens se verstand werk. Dit verklaar onder andere hoedat selfs baie intelligente mense alle vermoë tot rasionele denke verloor sodat dit bv. gebeur dat miljoene mense skielik mediaberigte slaafs glo en wetenskaplike bevindings geen impak op hulle denkwyse maak nie.
As diegene wat nog ‘n mate van vermoë tot rasionele denke het stilbly, gaan die hele wêreld agter die gehipnotiseerdes aan oor die afgrond loop. Ons het ‘n uiters belangrike taak om te verrig en sal moet saamstaan en biddend leiding vra oor die hoe, waar en wanneer.
Ten slotte, ons hoef nie vervolging te vrees nie. Ongeag die narratief wat die regering en die media versprei, onderskraag die reg nog waarheid en regverdigheid. In die lig van die Junie 2020 hofbevel wat die covid regulasies ongrondwetlik en ongeldig verklaar, word alle aanklagte teen oortreders van die regulasies wat teëgestaan word, teruggetrek voordat hulle in die howe beland. Sluit aan by enersdenkendes om te beraadslaag oor samewerking aangaande die pad vorentoe.