Wat het medikasie en masjiene met gesondheid te doen?

 

Masjiene, Medikasie en Gesondheid

Die tradisionele doktersbesoek vir elke skeet word deesdae meer en meer bevraagteken.

Hoë konsultasiefooie, duur medikasie, aggressiewe newe-effekte, onbekostigbare mediesefondse, swak resultate en die toenemende besef dat mediese intervensie min doen aan probleme wat uit geestesingesteldheid en leefstyl ontstaan dra by tot nuwe benaderings.

Mense word deur soveel verskillende legitieme sowel as bedenklike alternatiewe gekonfronteer dat dit moeilik is om te onderskei. Die ware Jakob en die foefie word met ewe goeie oortuiging en aansprake aangebied en gewetenlose opportuniste slaan al te dikwels toe.

Hoe onderskei en kies ons tussen sinvolle en minder doeltreffende alternatiewe?

 

Masjiene

Talle masjiene word bemark wat jou vetrolle wegskud, jou ingewande weer aan’t werk skud, jou stres laat wegsmelt en jou sak skud.

Apparate soos die Soqi en vele meer en aspekte daarvan is goed bekend en word deur sommige praktisyns gebruik. Die beginsels waarop dit werk is korrek en veral geskoei op die Sjinese filosofie.

Die vraag is egter of dit bedoel was dat die mens sy gewone lewe moet verruil vir ‘n masjien, al doen dit ook wat. Die belangrikste fasette van welwese (gesondheid in holistiese sin) word deur die mens se gedagtegang, denke en gees bepaal. Die “mind” (daar is nie ‘n enkele Afrikaanse woord daarvoor nie) en die spiritualiteit word gladnie deur enige masjien geraak nie. Navorsing wys egter dat 87-95% van siektes en ongesteldheid uit hierdie faktore ontstaan.

Die mark vir gesondheidsprodukte word oorvloei met allerlei sulke apparate wat in die ryk en ongesonde wêreld goeie winste inbring maar wat later in ‘n pakkamer weggepak word. Nee wat. Doen maar oefening, eet reg en lekker, lê bietjie in die son en sorg dat jou denke deur die Gees verander word. Doen dan wat jy geroep is om te doen en egte welstand is ‘n mens se deel.

Interessante feit: 60% van die hart se selle is senuweeselle! Hartseer is dus ‘n werklike seer hart!

 

Medikasie

Medikasie wat moet help dat dinge met jou gebeur of nie gebeur nie.

Deesdae is daar medikasie wat veronderstel is om te verhoed dat jy hartaanvalle, beroerte en baie ander kwale kry, vir jou griep gee sodat jy dit nie weer kan kry nie en dan kry jy in elk geval ‘n nuwe soort; en om die newe-effekte van die goed teen te werk. Dit laat ‘n bose kringloop ontstaan, omdat elke nuwe middel, hetsy dit vir kwale of newe-effekte toegedien word, weer op sy beurt nuwe newe-effekte veroorsaak.

Indien 87-95% van siektes en ongesteldhede in die mens se gees en gedagtegang ontstaan, dan is dit ook nie vreemd nie dat behoorlik-voorgeskrewe medikasie wat volgens voorskrif geneem word, tesame met voorkombare mediese mistastings deesdae na hartsiektes en kanker die grootste oorsaak van sterftes in die VSA is. Dit is meer as rook, alkohol en motorongelukke, en die tendens kom reeds hier by ons ook duidelik na vore.

Dit is ook waar dat die oorgrote meerderheid siektes en ongesteldhede se oorsaak herlei kan word na swak leefstylkeuses en -gewoontes.

Wanneer ongesteldhede en geestestoestande wat oorwegend leefstylverwante oorsake het met medikasie behandel en bestuur word, laat dit mens dink aan ‘n dwaasheid soos om jou motor se waarskuwingsliggie te diskonnekteer wanneer dit aankom om aan te dui dat die olievlak laag is, en dan rustig voort te ry omdat die liggie nie meer aan is nie.

 

Neem self verantwoordelikheid

Teen hierdie agtergrond is dit nie vreemd dat meer en meer mense besef dat ons self verantwoordelikheid moet aanvaar vir ons gesondheid nie, tensy ons in een van die doodloopstrate wil beland waarheen masjiene en medikasie ons lei.,  Voordat jy besluit hoedat jy ‘n bepaalde ongesteldheid gaan aanspreek, vra jouself af of die oorsaak daarvan opgelos kan word deur die raad of oplossings wat die persoon wat jy wil raadpleeg heel waarskynlik vir jou gaan bied.

Medikasie onderdruk byvoorbeeld slegs die simptome van leefstylverwante probleme, so is dit sinvol om jou huisdokter te raadpleeg as jy ‘n probleem ervaar en in jou diepste wese weet dat dit die gevolg van jou eie keuses en optrede is? Masjiene wat jou ingewande rondskud kan jou dalk help om beter te voel maar bied dit die oplossing vir die oorsaak van jou ongesteldheid?

Daar is veral in die nuusbriewe by www.verslank.net baie wenke en voorstelle oor ‘n groot verskeidenheid van gesondheidstemas. Ons vertrou dat die wenke en riglyne wat daar aangebied word ‘n stap in die regte rigting is.

Tik die tema waaroor jy raad soek in die “Soektog” venster in die regterkantse kolom en laat my weet as jy nie kry waarna jy soek nie.

Besoek asb. ons Facebookblad by

https://www.facebook.com/gesond.verslank

 

You may also like...