Wat werk en wat nie vir gewigverlies
Gesonde gewigverlies – wat werk en wat nie?
Die plan wat jy in werking stel moet vir die res van jou lewe kan werk en moet ook help om die gesin bymekaar te hou.
Daar is te veel voornemende verslankers wat die harde manier hulle lesse geleer het: dat verskillende programme, produkte, foefies en selfs voorgeskrewe medikasie om gewig te verloor nie werk nie. Dat dit in werklikheid kan lei tot ‘n verdere toename in gewig.
Moenie probeer om die wiel te herontdek nie – leer eerder uit die foute wat talle ander voornemende gewigverloorders reeds gemaak het.
Het jy al alles probeer?
Dieetpille – hulle is gewoonlik skadelik en ook ondoeltreffend. Daar is wel enkele uitsonderings maar maak eers seker dat onafhanklike studies die doeltreffendheid en veiligheid daarvan bewys.
Poeiers, drankies en mengeldrankies – moet die gebalanseerde inhoud van volledige maaltye bevat. Die inhoud moet jou behoeftes aan energie, proteïne, koolhidrate en vette in die regte verhouding voorsien. Mikro-elemente moet in ‘n voedselvorm beskikbaar wees. Sulke produkte is ekonomies omdat hulle maaltydvervangers is wat jou die koste van ‘n volle maaltyd bespaar.
Oefenapparaat en gimnasiums – stap, draf en ‘n paar vloeroefeninge sal baie geld op brandstof, gimnasiumheffings en oefentoerusting bespaar en dieselfde of beter resultate lewer.
Velplakkers – hierdie goed is waarskynlik niks meer as geldmaak-foefies nie. Vra vir wetenskaplike bewyse dat die goed doen wat die verkopers beweer.
Roompies – spaar jou geld tensy daar stawende wetenskaplike studies is wat bewys dat hulle werk.
Subliminale audioprogramme – gesonde en volhoubare gewigverlies kan slegs deur ‘n bewuste en sistematiese benadering bewerkstellig word. Verder moet ‘n bewese “padkaart” na sukses voorsien word deur ‘n maatskappy met integriteit vir wie dit werklik saak maak dat jy resultate bereik. Dit moet nie net om die verkoop van ‘n produk of oor ‘n hersenskim gaan nie.
Duur voedselplanne – sulke pogings kan verwydering tussen jou en jou gesinslede veroorsaak aangesien hulle moeilik sal kan deelneem. Hoe lank kan dit hou? Daar is beter maniere.
Dieetplanne en programme – daardeur word jy vasgevang in klimtol-diete. Elke keer as die klimtol afgaan, neig jy om gewig te verloor waar jy nie wil nie. Wanneer die klimtol opgaan, tel jy weer gewig in ander ongewensde plekke op.
Kalorie tellery – dit werk op papier maar nie in die regte lewe nie. Dit laat jou fokus op kos en gee groter mag en invloed in jou lewe aan kos.
Al die jongste wonder-bestanddele – sulke goed kan jou hier en daar help maar dit sal jou nie in staat stel om al die pad tot by jou ideale gewig te vorder én jou help om daar te bly nie. Hou ‘n ogie op bestanddele maar dit alleen sal nie ‘n sinvolle oplossing bied nie.
Voorgeskrewe medikasie – alle medikasie het newe-effekte. En wat gebeur wanneer jy hulle los? Jy oorweeg hopelik nie om vir die res van jou lewe medikasie te gebruik nie!
Weeklikse vergaderings – kan tydrowend en duur wees en sal selde tot blywende resultate lei.
Sjirurgie – ‘n duur, onnatuurlike en gevaarlike keuse.
‘n Wonderwerk is wat ons nodig het. Die gewone lewe van ‘n gelowige bestaan uit wonderwerke – dit waartoe ons as nietige mense nie in staat is nie.
Iemand wat werklik omgee moet vir jou hierdie lewensveranderende vraag vra:
“As jy een ding in jou lewe kan verander, wat sal dit wees?”
As die antwoord is om te verslank, kan die feit dat iemand werklik omgee jou tot oorgawe help sodat jy kan begin om oop te maak en te vertel. As jy kan begin om openlik en in alle eerlikheid te praat oor jou stryd met kos en diëte sal dit vir jou die pad baan na sukses.
Die antwoord is ‘n volledige stelsel wat al die aspekte agter gewigverlies aanspreek – die fisiese, die emosionele en die Geestelike. Dit sal jou met hoop vervul, regte hoop op sinvolle resultate.
Kom aan die gang
Beantwoord hierdie vrae in alle eerlikheid:
“Waarom wil ek gewig verloor?” en
“Hoe sal my lewe verander as ek my ideale gewig bereik?”
Dink aan jou gesin en jou rol as eggenoot(e), moeder of vader, sakepersoon en ‘n vriend. Het jy werklik tyd vir ander of dink jy gedurig aan kos? Dra jy sinvol en opbouend by tot iemand se lewe? Of is jy vasgevang deur jou gewig? Kom met die hele sak patats vorendag en skryf dan die grootste redes neer waarom jy gewig wil verloor.
Maak dan ‘n lys van die dinge wat jy sal doen as jy nie meer oorgewig is nie: uitstappies, afrigting by die kinders se sport, swem of deelname aan sport. Draai die meeste dinge waaraan jy dink rondom jou gesin en jou naby vriende?
Skryf dit alles neer sodat jy dit op rekord het. Sodra jy jou ware lewensdoel herontdek het, en jy weet dat jy gewig sal moet verloor om daarby uit te kom, sal jy weet wat jou te doen staan en waarom.
Jou volgende stap is om meer te leer oor hoe die liggaam funksioneer. Gaan steek kers op by dieetkundiges, dokters, die Internet of enige ander bron. Leer alles wat jy moet weet om jou kanse te verbeter om jou ideale gewig te bereik.
Jy sal opgewonde raak oor die fisiese deel …
Neem ‘n goeie gehalte “shake” mengsel om daardie probleem-maaltye te vervang, veral tydens daardie etes wanneer jy aangewese is op kitskosse. ‘n Deeglik-geformuleerde, heilsame voedselvervanger wat heerlik smaak en al die mikronutriënte bevat wat jy nodig het in die korrekte verhouding van energie, proteïne, koolhidrate en vette. Bowenal moet die “shake” jou versadig en tevrede laat voel sodat jy sal ophou om na kos te hunker.
Sportron se “Shake” voldoen aan hierdie riglyne. Dit is in vanielje- en sjokoladegeur beskikbaar an aangenaam om te neem. Kontak ons as jy meer daaroor wil uitvind, en laat weet waar jy woon sodat ons jou kan adviseer oor bekombaarheid.
Jy sal ongelooflik goed voel as mense jou nie eens herken nie. Jy sal graag die ervaring van gelukkig wees, gesonder voel en meer aktief wees met ander wil deel.
Jy sal selfs ‘n nuwe lewensdoel ontdek – om jou lewenservaring aan ander oor te dra en hulle op jou beurt te help en te mentor om probleme te oorkom. Jy sal weet hoe om hulle te help om dinge wat nie werk nie te vermy en te doen wat wel werk. Dit kan jou lei na ‘n nuwe lewensdoel – om ander in te lig en te begelei na ‘n gelukkiger, gesonder en meer aktiewe lewe.
Ongeag wat jy tans weeg of waar jy jou tans bevind, as jy opreg begeer om jou gewig te beheer kan jy dit doen. Jy is in staat om jou ideale gewig te bereik en te handhaaf sodat jy jou lewensdoel kan verwesenlik – ongeag wat daardie lewensdoel ookal mag wees.
Mense Wat Omgee is Belangrik
Ek is hier om te help omdat ek omgee. Daar is ook ander mense rondom jou wat omgee. Dit is BAIE BELANGRIK dat jy openlik met jou naby vriende en familie gesels en dat jy hulle vertel van jou doelwitte en voornemens. Jy sal sien dat hulle jou met oorgawe sal ondersteun en aanmoedig. Daar is miskien van hulle wat by jou sal aansluit omdat hulle ook ‘n probleem het. Twee vaar beter as een.
Al jou vriende sal graag help, maar jy moet die inisiatief neem. Alles staan of val by wat jy hiermee gaan doen. Nou vra ek jou as ‘n vriend:
“Indien jy een ding in jou lewe kan verander, wat sal jy kies?”
Ek verklaar myself gereed om jou te help en by te staan om daardie verandering te maak. Die mense wat naby aan jou is sal ook help. Hulle is gereed, hulle weet net nog nie dat jy op hulle wil staat maak nie. Vertel hulle alles, moenie bang wees om te sê hoe jy oor jou probleem voel nie. Jy sal verbaas wees oor die reaksie en die ondersteuning wat jy gaan kry.
Jy sal ook aangenaam verras wees oor die verskil wat dit in jou lewe gaan maak wanneer daardie ekstra sentimeters en kilogramme weg is.
Met dankbare erkenning aan:
Terry Newsome, voorheen 220 kg.
“Consumer’s Guide to Weight-Loss | Terry Newsome & Blaine P. Oelkers Sr.”
Aanhaling: You have to stay in shape. My grandmother, she started walking five miles a day when she was 60. She’s 97 today and we don’t know where the hell she is. Outeur: Ellen Degeneres