Waterterapie uit Japan

Waterterapie vir Oorgewig en Ander Kwale

‘n Gesonde gewoonte het in Japan ontstaan om elke oggend sodra jy wakker word water te drink. Dit is gesond omdat dit goeie praktyk is om nie kos en water in jou maag te meng nie. Dit help ook die liggaam om gifstowwe uit te skei en bevorder ‘n waterdrinkgewoonte. Daar word beweer dat wetenskaplikes die waarde daarvan bewys het, maar ek kon geen bewys daarvoor vind nie. So ‘n waterdrinkgewoonte kan nietemin aansienlike gesondheidsvoordele inhou.

Na wat beweer word, sal waterbehandeling help vir ouer en ernstige sowel as vir moderne siektes. Persone wat aan die volgende toestande ly kan daarby baat vind:

Oorgewig
Lyfseer
Hoofpyn

Algemene kwale
Artritis
Vinnige hartklop
Epilepsie
Brongitis
Asma
Tuberkulos
Meningitis
Nier– en urienwegsiektes
Vomering
Gastritis
Diaree
Aambeie
Diabetes
Hardlywigheid
Alle oogsiektes
Die baarmoeder
Kanker
Menstruele ongesteldhede
Oor, neus en keelsiektes

Behandelingsmetode

1. Drink 4 x 160 ml glase water sodra jy in die oggend wakker word en borsel dan jou tande. Dit is beter om jou tande voor etes te borsel omdat die suur in jou kos die tandemalje sag maak. Dan kan borsel dit makliker beskadig, maar na ‘n uur of wat sal jou speeksel die suur weer neutraliseer.

2. Moet nie binne 45 minute iets eet of drink nie.

3. Na 45 minute kan jy normaalweg eet en drink.

4. Moet niks drink binne 2 ure nadat jy jou maaltye genuttig het nie.

5. Ou mense en diegene met ongesteldhede wat nie van meet af vier glase water kan drink nie moet met minder begin en dit geleidelik vermeerder na vier glase.

6. Nou het jy die helfte van jou dag se kwota water vroegoggend gedrink. Drink deur die res deur die dag maar handhaaf altyd die beginsel dat jy nooit water drink voordat jou kos verteer is nie en ook nie eet onmiddellik voor etes nie. Gee die kos minstens 2 ure om te verteer en groot hoeveelhede water 45 minute om opgeneem te word. ‘n Glas of twee voor etes kan help om jou eetlus te demp en met minder hoeveelhede kan jy binne 10 of 15 minute eet.

Waterterapie kan help om siektes te genees en ook verseker dat gesonde mense voortgaan om ‘n gesonde lewe te geniet.

Hierdie lys dui aan hoe lank dit behoort te neem om die meer algemene toestande met waterterapie te genees, verbeter of beheer:

1. Hoë bloeddruk – 30 dae
2. Die buik – 10 dae
3. Diabetes – 30 dae
4. Hardlywigheid – 10 dae
5. Kanker – 180 dae
6. Tuberkulose – 90 dae
7. Artritislyers moet die behandeling in die eerste week vir slegs 3 dae volg, en dan daagliks vanaf die tweede week.

Hierdie metode van behandeling is vry van newe-effekte maar soos verwag kan word sal jy veral in die begin meermale urineer.

Maak hierdie water-drink proses deel van jou lewensroetine. Drink water en bly gesond en aktief.

Dit maak soveel sin! Vermy egter water, veral koue water en ander (veral koue) vloeistowwe, direk na of tydens maaltye.

Kom in die water-drink gewoonte. Dit kos niks en kan jou lewe verander.

Jy moet nooit huiwer om iets nuut aan te pak nie. ‘n Enkele amateur het die ark gebou; ‘n yslike groep professionele skeepsbouers het die Titanic gebou!

You may also like...