Wees gereed vir die griepseisoen

Is jy gereed vir die aanslag van die griepseisoen?

Griepinentings – ‘n Geldmaak-foefie?

Griepuitbrake by mense kry deesdae die hele wêreld op hol.

Eintlik is dit die media, aangeblaas deur die verspreiders van griepinentings, wat die opslae veroorsaak het. Die opskrifte het ‘n groter effek as die virusse.

Griep veroorsaak in die meerderheid van gevalle slegs ligte simptome. Geinfekteerde persone herstel gewoonlik volledig, selfs sonder mediese aandag en sonder die nodigheid vir medikasie.

Nogtans het die beelde en fotos van hele gemeenskappe wat hulle gewone dagtake met gesigmaskers verrig so ‘n impak gehad dat al wat leef tou gestaan het vir inentings. Wat ‘n suksesvolle bemarkingsveldtog, of sal ons dit eerder by die naam noem: wat ‘n foefie.

Die 2010 Oesjaar, om nie eens van 2020/21 te praat nie!

Die medisynebedryf het hulle tande geslyp vir die 2010 oesjaar: die sokkertoernooi sou die gogga wees wat vir baba bangmaak. Die hele aardbol se nuwe virusse sou op Suid-Afrika losgelaat word en almal moes inent om die aanslag te oorleef.

Die waarheid is dat niemand weet of die beskikbare middels enigsins sou help teen die nuwe (en sommige ouer) virusse wat die sokkergeesdriftiges kon aandra nie.

Boonop weet Jan Alleman nie presies weet wanneer om die middels te begin neem nie. Baie infeksies lyk en voel soos griep, sê die pediater en immunoloog dr. Anne Moscona van die Weill Cornell Mediese Kollege in New York. Virusse en bakterieë kan weerstand teen medikasie ontwikkel.

Sy sê: “As jy Tamiflu by die huis het en jy gebruik dit vir verkoue of enige ander respiratoriese virus wat nie griep is nie, sal jy dit nie kan gebruik wanneer jy ’n dodelik griepstam opdoen nie”

Entstowwe is verdag

Die veelbesproke 2009 varkgriepuitbraak het nie enigsins ‘n groter bedreiging ingehou as die talle ander griepstamme nie. Indien jy gesond leef en jou immuniteit sterk is, het jy min te vrees. Dit was dan ook die geval, maar steeds het die entstowwe groot geld vir hulle verspreiders gegenereer alhoewel dit baie mense juis siek gemaak het en andere onbeskermd gelaat het. Tydens die sokkerwêreldbeker in 2020 was dit weer die geval.

Dit is waar dat almal, maar veral mense wat as gevolg van verswakte immuniteit blootgestel is, versigtig moet wees om nie aan te steek nie. Hulle moet goeie higiëne toepas en liefs immuniteitversterkende hulpmiddels neem of minstens sulke middels byderhand hou.

Griepinentings is en bly egter verdag en sal in elk geval gladnie help vir alle griepstamme en veral vir sommige nuwe variasies nie.

Goeie immuniteit is betroubaar

Infa is ‘n veilige en doelreffende middel wat ‘n kombinasie is van 9 immuniteitversterkende kruie. Die kruie beskerm ons gesin reeds vir 18 jaar lank teen alle vorms van infeksie, hetsy virusse, bakterieë of swamme. Dit werk voorkomend sowel as terapeuties vir kinders, babas, volwassenes en bejaardes.

Boonop help dit vir alle soorte infeksie met inbegrip van nuwe virusmutasies omdat dit die natuurlike immuniteit versterk. Infeksies in die maag, ore, tande, in oop wonde of op enige ander plek word ewe goed bekamp.

Kontak ons indien jy graag meer inligting oor die merkwaardige Infa kruiemiddel wil ontvang.
Gardening Rule: When weeding, the best way to make sure you are removing a weed and not a valuable plant is to pull on it. If it comes out of the ground easily, it is a valuable plant.

You may also like...