Kan ek maar vleis eet?
Vleis? Waarom ek dit nie meer eet nie…
‘n Leefstylverandering ter wille van beter gesondheid behels om net gesonde vleis te eet, mits jy kan onderskei tussen gesond en ongesond. Afhangend van jou metaboliese profiel en mits jy dit in wisselende hoeveelhede eet, kan vleis goed wees vir jou. Probeer egter om jou vleis in die volgende volgorde te kies:
1. Kleiner vis (uit die see, maar geen groot roofvis)
2. Organiese hoender en kalkoen
3. Wildsvleis: bokke eet gras en blare sonder die giftige bestanddele wat meeste ander diere inneem
4. Skaap- en beesvleis van diere wat gras eet
Let op die volgende wanneer jy vleis koop:
1. Die meeste vleis in slaghuise kom van diere wat korrels of selfs erger, geneties-gemanipuleerde graan eet. Dit bevat te veel inflammasie-genererende omega-6.
2. Diere is dikwels besmet met veeartsenykundige medikasie, geneties-gemodifiseerde organismes, siekte-veroorsakende patogene en plaagdoders. Baie antibiotika en groeihormone word ook vir diere gevoer, wat die hormonale balans van diegene wat dit eet versteur.
Vermy verwerkte vleis wat gerook, gesout of met chemiese preserveermiddels bewaar word. Dit sluit spek, ham, pastrami, salami, pepperoni, worsbroodjies, sommige worse en hamburgers en nog vele meer in.
Wanneer nitrate bygevoeg word om vleis te preserveer, kleur en geur kan dit karsinogenies (kankerwekkend) wees.
Suid-Afrikaners eet te veel vleis – ‘n volwassene moet gemiddeld slegs 60 gram proteïen per dag eet. Plantproteïene is beter vir meeste mense: groente en peulgewasse soos lensies, bruin rys en droë bone.
Besoek ons by https://www.facebook.com/gesond.verslank/