Word ons kos doelbewus vergiftig?

Manipulasie van die Wêreld se Voedselvoorrade: Doelbewus of nie?

Meer en meer laboratoriumresultate dui daarop dat die mensdom die wydverspreide manipulering van ons kosvoorrade moeilik sal oorleef. Sommige beskou die produsering van gemanipuleerde voedsel as doelbewuste opset. Van die gedokumenteerde bevindinge is ongelooflik skokkend:

Shape se webwerf (http://www.shape.com/blogs/shape-your-life/13-banned-foods-still-allowed-us) dui aan dat daar talle gifstowwe in die VSA se voedselbedryf gebruik word. Ons Suid-Afrikaners aap alles na wat in Amerika gebeur. Gevolglik kom die meeste van dieselfde probleme ook hier voor.

Wat is die gevolge?

Ons sien die resultaat oral. Massawaansin, ongelooflike eskalasie in misdaad onder politici, kliniese waansin onder ‘n toenemende aantal hoofstroom mediaskrywers en joernaliste, wydverspreide onvrugbaarheid by jong paartjies, skerp styging in gevalle van nierversaking en dialise, ‘n byna totale verlies aan rasionele denke onder die massas stemgeregtigdes.

Die wydverspreide voedselvergiftiging kan op die lang duur die moderne menslike beskawing in duie laat stort omdat dit lei na ekonomiese nie-volhoubaarheid, vernietiging van die omgewing en ‘n globale toename in politieke geweld.

Bymiddels

Iedere Amerikaner verbruik elke jaar sowat vier kilogram bymiddels. Sommige genetici waarsku dat ons op geen manier kan vasstel wat die uitwerking van hierdie stowwe op ons DNA sal wees nie.

Die drie belangrikste bedreigings vir gesondheid wat bymiddels in kos inhou is:
carsinogeniteit, die gevaar dat dit kanker kan veroorsaak,
terratogenisiteit, die gevaar dat ‘n fetus sal beskadig word, en
mutageniteit, die gevaar dat genepatrone kan verander.

Ongelukkig word die meeste bymiddels net vir akute toksisiteit getoets om vas te stel of dit onmiddellike skade aan enige van die liggaam se organe kan berokken. Daar is geen manier waarop dit akkuraat getoets kan word vir terratogenisiteit en vir uitwerking op die gene nie. Verder is min oorweging gegee aan hoedat verskillende chemikalieë ons kan beïnvloed as hulle oor lang tydperke ingeneem word.

Senuweegifstowwe

Die mees algemene neurotoksiene in voedsel is mononatriumglutamaat (MSG of glutamiensuur), aspartaam (aspartiensuur) en, volgens dr Russell Blaylock – neurochirurg, dieetkundige en skrywer van Excitotoxins: die smaak wat doodmaak: enige soort gehidroliseerde proteïen- en gisekstrak. Sommige neurotoksiene word as “speserye,” “natuurlike geure” of “kunsmatige geur” in voedsel versteek. Ten minste een excitotoksien word in die meeste voorbereide voedselsoorte insluitend sop, en veral in voorbereide vegetariese kosse soos plaasvervangers vir vleis aangetref.

MSG en gisekstrak kom algemeen voor in laevet en vetvry kossoorte, voorafverpakte voedsel, etes by kitskosrestaurante en kitsetes soos sop en pasta. Selfs babakos en babaformules kan beide MSG en verwerkte aspartaam bevat. Aspartaam is die tegniese benaming vir kommersiële kunsmatige versoeters soos Spoonful, NutraSweet, Equal, EqualMeasure, ens.

Geneties Aangepasde Gewasse (GMO)

Binne-in elke korrel geneties aangepasde mielies ontwikkel ‘n dodelike gifstof. Hierdie gifstof word deur almal ingeneem wat onwetend geneties aangepasde gewasse via ontbytgraan, koringtortillas, koringskyfies, ens. eet. Dit is duidelik dat hierdie massavergiftiging van die bevolking met opset gedoen word, want die gewasse wat uitsluitlik vir gebruik deur mens en dier ontwikkel word, se ontwerp is van so ‘n aard dat dit die gifstowwe bevat. Hierdie massavergiftiging gebeur dus nie toevallig nie. Die tegnologie word inderwaarheid aangeprys en geregverdig omdat dit “die wêreld sal voed.”

Die kommersiële doel van GMO’s is nie om die wêreld te voed of om boerdery te bevorder nie. Hulle het hul bestaan eerder te danke aan intellektuele eiendom (bv. patentregte) oor sade en plantteling en om die landbou in rigtings te dwing waarby agribesigheid kan baat vind.

(Http://nutritionstudies.org/gmo-dangers-facts-you-need-to-know/; https://foodrevolution.org/blog/former-pro-gmo-scientist/)

Verlore voedingstowwe

Deesdae word tagtig persent van ons kos in fabrieke vervaardig. Die bestanddele word uitmekaargehaal en weer bymekaargesit en in die proses permanent gewysig. Tydens hierdie proses gaan talle noodsaaklike voedingstowwe verlore. Voedselprodusente maak daarop aanspraak dat hulle in staat is om verlore voedingstowwe te vervang, maar die voedingstowwe wat wel teruggesit word, word bepaal deur koste eerder as deur menslike voedingsbehoeftes.

Neem byvoorbeeld brood. Al die noodsaaklike voedingstowwe gaan tydens die verfyning van meel verlore. Sommige van die verlore voedingstowwe is vesel, kalsium, kalium, mangaan, sink, magnesium, koper, vitamine B, yster, fosfor, en vitamine E. Die enigste voedingstowwe wat weer bygevoeg word is nikotiensuur, B1, kryt kalsium en ‘n goedkoop vorm van yster wat ons liggame nie goed benut nie.

Daarbenewens word kos vir plaasdiere met antibiotika belaai wat bederfbaarheid vertraag en tekens van siekte onderdruk. Selfs vars vrugte en groente is nie meer heeltemal vars nie en word met plaagdoders bespuit, soms kunsmatig met etaangas rypgemaak en in koelkamers gesit wat ryk is aan inerte gasse.

Sommige giftige bymiddels:

Bestanddele: Kleurstowwe (blou 1, blou 2, geel 5 en geel 6)
Gevind in:
Koek, lekkergoed, macaroni en kaas, medisyne, sportdrankies, gaskoeldrank, troeteldierkos en kaas.

Die gebruik van kunsmatige kleurstowwe – die gewildste is rooi 40, geel 5 en geel 6 – het sedert 1955 vyfvoudig toegeneem.

Gesondheidsgevare: In die ou dae is voedselkleursel uit natuurlike bronne soos saffraan en borrie ontgin. Deesdae kom die meeste kunsmatige kleure uit koolteer, wat ook gebruik word om seëllaagprodukte te vervaardig wat die glans van industriële vloere verbeter en beskerm. Dit kom ook voor in sjampoe om kopluise dood te maak.

Bestanddeel: Olestra (Olean)
Gevind in:
Vetvry aartappelskyfies
Gesondheidsgevare:
Dit blyk dat hierdie plaasvervanger vir vet ‘n dramatiese uitputting van vetoplosbare vitamine en karotenoïede veroorsaak wat ons van hierdie lewensbelangrike mikrovoedingstowwe beroof. Dit kan lei na sensitiewe newe-effekte soos olierige anale lekkasie. Baie lande, insluitend die VK en Kanada, het dit verbied.

Bestanddeel: Gebromeerde groente-olie (BVO)
Gevind in:
sportdrankies en sitrusgegeurde gaskoeldrank
Gesondheidsgevare:
Omdat dit met jodium in die liggaam meeding, kan verhoogde vlakke daarvan lei na skildklierprobleme, soos hipotireose, outo-immuunsiekte en kanker. BVO se hoofbestanddeel, broom, is ‘n giftige chemiese stof wat ook korrosie veroorsaak. Daar is aanduidings dat dit groot skade aan organe kan berokken en kan aanleiding gee tot geboortedefekte, groeiprobleme, skisofrenie en gehoorverlies. Dit is in meer as 100 lande verbode.

Bestanddeel: Kaliumbromied (gebromineerde meel)
Gevind in:
Broodrolle, voudegies, platbrood, broodkrummels, en “bagel” skyfies
Gesondheidsgevare:
Vervaardig uit dieselfde giftige chemikalie wat in BVO (broom) gevind word. Hierdie bymiddel is met afwykings van die nier- en senuweestelsels en met maagongemak verbind. Alhoewel die FDA nie die gebruik van gebromeerde meel verbied het nie, moedig hulle bakkers aan om dit vrywilliglik weg te laat.

Bestanddeel: Azodicarbonamide.

Gevind in: Brood, bevrore etes, verpakte pastadeeg, en verpakte gebak
Gesondheidsgevare:
Hierdie chemiese stof is gekoppel aan asma en word hoofsaaklik in skuimplastiek, bv. jogamatte en plakkies se sole gebruik .

Bestanddele: BHA en BHT.

Gevind in: Ontbytgraan, neutmengsels, kougom, botter, vleis, ontwaterde aartappels, en bier.

Gesondheidsgevare: BHA kan ‘n kankerwekkende karsinogeen by mense wees.


Bestanddele: Sintetiese hormone (rBGH en rBST).

Gevind in: Melk en suiwelprodukte
Gesondheidsgevare:
Koeie wat met hierdie sintetiese hormone behandel is word dikwels lam, onvrugbaar hul uiers raak ontsteek en besmet. Dit gaan net so sleg met mense wat hierdie koeie se neweprodukte inneem. Die melk word met IGF-1 (insulien groeifaktor -1) versterk. Laasgenooemde word aan bors-, kolon-, en prostaatkanker gekoppel.

Bestanddeel: Arseen.

Gevind in: Puimvee. Word in hoenderkos gebruik om groei te bevorder, voeding te verbeter en pigmentasie te bevorder.
Gesondheidsgevare: Die Europese Unie het die gebruik van arseen sedert 1999 verbied. Die Environmental Protection Agency klassifiseer anorganiese arseen as ‘n “menslike karsinogeen.” Neem beheer deur slegs organiese voëls te eet.

Bestanddele: Difenielamien (DPA), ‘n mengsel van chemikalieë wat vrugte tydens lang maande in berging teen verswarting of verbruining beskerm.
Gevind in:
Appels, appelsap, appelmoes, pere en babakos
Gesondheidsgevare:
Een van die probleme met DPA is dat die chemikalieë kan afbreek en kankerwekkende nitrosamines vorm.

Daar bestaan min twyfel dat dit wys sal wees om bymiddels met groot omsigtigheid in te neem. Hier is ‘n paar maniere waarop jy jou inname kan verlaag:

1. Hou op om gebottelde, geblikte en verpakte verwerkte voedsel te koop. Vermy alle verwerkte vleis wat natriumnitriet bevat, met inbegrip van spek, worsbroodjies, wors, ham, deli vleis, pepperoni pizza en selfs biltong.
2. Eet eerder soveel rou en organiese kos as moontlik, veral groente en vrugte.
3. Probeer om alle GMO voedsel te vermy: veral koring, mielies en soja.
4. Aspartame is giftig.
5. Lees etikette en pasop vir kos wat suiker en sout bevat. Moenie mislei word deur woorde soos glukose, dekstrose, of koringstroop nie. Dis alles suiker. ‘n Voldoende heveelheid van alle kunsmatige versoeters het skadelike newe-effekte.
6. Vermy verwerkte versnaperinge. Kies eerder neute en vrugte.
7. Eet baie vars vrugte, groente, volgraan, rou neute en sade vir vitamine en minerale.
8. Gebruik slegs heel grane soos bruinrys en volgraan. Dit is goeie beleid om geen wit grane te eet nie.
9. Wees skepties oor geprosesseerde en verfynde “natuurlike” produkte. Stel vas wat die land van herkoms is. Doen navorsing oor laboratoriumresultate van swaar metale om op die hoogte te bly.
10. Vermy sogenaamde “super” voedsel en aanvullings uit China, die wêreld se mees besoedelde kosprodusent.

Besoek en “like” asb ons Facebookblad by https://www.facebook.com/gesond.verslank/

Bronne:

http://amazinghealth.com/14.02.20-global-food-supply-deliberately-engineered-to-end-life-not-nourish-it1

http://www.naturalnews.com/043995_human_civilization_processed_food_stealth_war.html#ixzz30lKd2vVR

You may also like...